Moet ons eerder soos Jacob as soos Jakob bid?

Die skelms bid harder as die Christene

Moet ons eerder soos Jacob as soos Jakob bid?

Watwou Abraham, Isak en Jakob – VIRGINIA KEPPLER vra dat die Here haar asseblief sal seën soos Hy vir Jacob, Ace en Nomvula geseën het.


DAAR lȇ ou Jacob Zuma, op Twitter, in sy firepool op sy rug en float.
“Float like a butterfly, sting like a bee,” haal hy die legendariese bokser Muhammad Ali aan, en ek dink: “Nè, kyk nou vir lekker ou djy.”
En ek dink aan my Bybel wat ek nou van voor af begin lees het terwyl ek vir byna nege maande met ’n stukkende enkel en knie aan bed, sofa en rolstoel gekluister was, en ek wonder oor Msholozi wat so lekker met een van sy vroue in sy firepool float.
En ek wonder of ek moet ophou bid soos Abraham, Isak en Jakob en by Ubaba gaan hoor hoe hy bid.
Moet ek bid en sȇ: “Suid-Afrikaners en mede-belastingbetalers, seën my soos julle vir Msholozi geseën het en seën ook my nageslagte”?
Nou kyk, die Bybel is nie ’n boek vir sissies nie. Daai boek het sprokiesverhale, rillers en baie ander soorte stories in, om nie eens te praat van die gehoer en rumoer nie.
Ek was lanklaas so geskok, want ek het net die mooi versies geken wat praat van liefde en gehoorsaamheid en die ewige lewe, of die paar versies wat gepraat het van die duiwel en sy streke.
Ek het gehoor van Jesebel en is gewaarsku om weg te bly van plekke soos Sodom en Gomorra, maar ons het steeds gegaan, want dit was lekker.
Niemand het my van Lot se dogters vertel nie, maar almal was altyd vinnig om van Eva se goeters te praat.
En ek het altyd gedink dat die einde van die wȇreld naby is met al die pyn en lyding en dié dat die water ook besig is om om ons op te droog. Maar nou weet ek ook nie meer so mooi nie. Die Bybel het my so stomgeslaan en doen nog elke dag.
En vir dié wat nie in God glo nie, dis oukei ... ek is nie hier om te oordeel nie. Elke ou het sy gier.
Terug by Jacob Zuma – so lees ek ’n paar van die kommentare van hom wat in sy firepool float en ek gryp na my Bybel langs my bed en ek staar vir ’n tydjie daarna.
Ek stap na my slaapkamervenster en loer na agter in my erf, na my regte, egte swembad en ek wonder ... Ubaba het nie eens ’n swembad nie, hy het mos ’n bleddie firepool waarin hy float, want hy is met blinkskoon water geseën en myne is amper leeg, want ek kan nie meer die water en elektrisiteit bekostig om dit aan die gang te hou nie.
En ek onthou hoe ’n vriend van my altyd sȇ die skelms bid harder as die Christene. Maar vir wie aanbid hulle?
Wat ek wel in die Bybel gelees het, is hoe Abraham, Isak en Jakob gebid het, van die vergifnis van Josef, die geduld van Job en Moses wat die Here ook al goed bedonnerd gemaak het.

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.