’n Leeftyd van lesse uit baie seisoene in die buiteland

WAAR ONS WORTELS IS

’n Leeftyd van lesse uit baie seisoene in die buiteland

CORNIS VAN DER LUGT skryf oor sy jare in die buiteland, hoe hy maar altyd 'n Suid-Afrikaner sal bly, hoe Suid-Afrika se probleme eintlik universeel is, en hoe hy vir sy kind Afrikaans leer.

DIS somer, 2005. Ek sit in ’n pak saam met bykans 500 ander afgevaardigdes in ’n lugverkoelde saal in ’n hotel in El Salvador, Brasilië. Ons onderhandel die internasionale ISO 26000-standaard vir maatskaplike verantwoordelikheid. Dit gaan veral oor die maatskaplike verantwoordelikheid van maatskappye en daar is hoë verwagtinge van groot Suid-Afrikaanse firmas ná die apartheidservaring van die vorige eeu. Afvaardigings van tot 100 lande neem deel. Die voorsitter van die onderhandelings is ’n vriend van Kaapstad, gekies vanuit die Suid-Afrikaanse afvaardiging om die onderhandelinge te lei. Hy vaar uitstekend in die internasionale rol.

Ek werk in die Verenigde Nasies (VN) en verteenwoordig ’n besigheid-inisiatief van die VN se sekretaris-generaal, Kofi Annan. By elke ISO 26000-vergadering in verskillende lande gaan groet ek eers die Suid-Afrikaanse afvaardiging. Hulle lyk soos die reënboognasie, soos die groeperinge wat ons wette nog klassifiseer... ’n swart mens, ’n bruin mens, ’n Indiër en ’n wit mens, mans en vroue. Die diversiteit maak my opgewonde en trots. Dit herinner my aan my eie dae by buitelandse sake in die 1990’s, tye met Suid-Afrikaanse afvaardigings in die buiteland waar ons deelneem aan die bestuur van internasionale ooreenkomste.

Geleidelik oor die jare ontmoet ek meer Suid-Afrikaners wat in die buiteland vir die VN of privaat sektor werk. Wat altyd duidelik is met mense wat ek in Afrika teëkom, is hoe goed wit Suid Afrikaners en swart Afrikane van ander Afrika-lande oor die weg kom en saamwerk in Afrika. Tussen hulle is daar geen obsessie met velkleur nie. Mense leer mekaar ken as individue en raak saam meegevoer oor die uitdagings van Afrika. Hierin lê ’n belangrike boodskap vir Suid-Afrikaners tuis. Ons probleem is nie meer ’n rasprobleem nie. Ons probleem is een van kwade gevoelens wat steeds tussen groepe mense bestaan ná dekades van apartheid. Ons moet mekaar leer ken en dié gevoelens verwerk. Die missie van die Waarheid- en-versoeningskommissie bly voortbestaan, ons bly nog ’n “verenigde nasie” in wording...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.