Help jouself as jy kan, anders gaan ’n vuil en stukkende stad...

ALMAL LY OP VERSKILLENDE MANIERE

Help jouself as jy kan, anders gaan ’n vuil en stukkende stad jou verswelg

Die munisipaliteit het al die gemeenskappe van Bloemfontein in die steek gelaat, sommige meer as ander, en dienslewering het verswak tot op die punt waar gemeenskappe wat dit kan bekostig nou hulle eie dienste hanteer en dié wat nie kan nie, leef in 'n gemors. CELESTE CAMPHER vertel van diensleweringsbetogings en frustrasies aan die een kant en die verrotting van korrupsie en onbevoegdheid aan die ander kant.

OP 17 Mei was daar 'n vlaag van diensleweringsbetogings in Bloemfontein deur die beweging Mangaung Shutdown. Hulle doel was om te betoog teen die gebrek aan dienslewering, onbevoegde en korrupte amptenare, en die gebrek aan bemagtingsgeleenthede vir plaaslike besighede. Ek is seker julle is deeglik bewus hiervan. Hoewel die beweging se agenda heeltemal eerbaar en relevant is, was die betoging self alles behalwe. 

Twee dae lank was die meeste van die besighede in Bloemfontein gesluit, óf in solidariteit met die beweging, óf omdat hulle nie genoeg personeel gehad nie omdat daar nie openbare vervoer was nie, of uit vrees omdat die betoging so erg was. Besighede in die sakekern en die meer welaf dele van die stad het redelik ongedeerd daarvan afgekom, behalwe vir die verlies aan inkomste omdat hulle twee dae lank toe was. Maar wat in Bloemfontein se townships gebeur het, was absoluut gruwelik. 

Ek volg 'n paar township-gemeenskapsbladsye op Facebook, meesal uit nuuskierigheid, maar ook omdat my man 'n klein winkel wat skoonmaakmiddels verkoop in die sogenaamde bruin township het. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.