DIS eers toe sy ’n hele ent weg is in die storie dat jy dit agterkom. Die stukkende sinne. Halwe woorde in ’n see van stiltes. Dotjie, dotjie, dotjie ... Die stem bedrieg.
Lig soos altyd klink dit. Kalm soos ’n daggawalm, het ons haar van kleintyd af geterg wanneer ons jillend en gillend ons gevoelens oor dit of dat te kenne gegee het en sy die onverstoorbaarheid vanself was. Anders as ons, wat alles uit die staanspoor uit kon uitblaker met ’n “het julle gehoor van”, het sy ’n storie om ’n lang draai loop haal. Soos nou die dag. Niks ongewoons vir Beat nie. Sy wou eintlik maar net kom sê.
Dit het al ’n maand of wat terug gebeur. Skemer was verby. Dit was al amper donker. Kind was laat. Sy is nooit laat nie. Dis die dag toe die kinders by die hekkie kom roep het. “Juffrou Beat. Juffrou Beat,” het hulle geroep. “Klein Beatie.” Dit was enkele minute voor ses, het haar horlosie gewys toe sy haar jas uit die kas loop haal. Sy het agter die kinders aan die straat af geloop, om die hoek, nog ’n straat af. Halflyf op die sypaadjie, half in die pad, het iemand gelê. Die veldjie oorkant die huise waar die willie-werkers tot ounag toe gloria hou, was leeg...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.