Dr. Celeste Campher het die grade B.Com., B.Com Hons., M.Com. én Ph.D. aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy is sedert 2011 ’n ekonomiedosent by haar alma mater en het voor dit vir sewe jaar (2003 – 2010) as ’n staatsamptenaar in die kantore van beide die premier en die provinsiale tesourie van die Vrystaat gewerk. Dié Kimberliet woon tans in Bloemfontein saam met haar man en vier kinders.
VROUEMAAND 2021
Nóg ’n las op SA vroue se skouers
Die syfers is daar: Covid-19 klap vroue, wat reeds aan die hardste gender-klippe kou, selfs erger as mans, skryf Celeste Campher. Om hulle te vier is oukei, maar opheffing is immers baie belangriker.
Deel
EK het aan hierdie stuk begin skryf tydens 'n webinaar oor data rakende die vyfde Covid-vlaag, die NIDS-CRAM-opname (https://cramsurvey.org/wp-content/uploads/2021/07/2.-Burger-R.-Maughan-Brown-M.-Kohler-T.-English-R.-_-Tameris-M.-2021-Increased-openness-to-accepting-a-COVID-19-vaccine-is-a-shot-in-the-arm-for-South-Africa-Evidence-from-the-NIDS-CRAM-Wave-5-Survey.pdf?fbclid=IwAR1uUSKdUHFZv-kuyJA8uZhsv3uczb-sP1tu-9gOvDTlB1OPDGthwRe7KhQ), wat kyk na die impak van die pandemie en die inperking op Suid-Afrikaanse huishoudings.
Terwyl ek na die resultate geluister het, het ek skielik die behoefte gehad om hierdie rubriek te skryf. Ek vermoed ook hierdie stuk sal in Augustus – Vrouemaand – verskyn, dus moet dit een of ander teken wees.
Ek het in Julie oor my tyd in die staatsdiens geskryf. My besluit om uit die staatsdiens te bedank het niks met my salaris te doen gehad nie. Dit het in 'n mate te doen gehad met die leierskap in die provinsiale regering van daardie tyd, maar dit het ook meer met skuldgevoelens te doen gehad. Die laat nagte by die werk, vergaderings oor naweke en talle reise het my as ma van drie (op daardie tydstip) laat skuldig voel. My kinders het goed gevaar, maar ek het skuldig gevoel omdat ek nie smiddae tuis was om hulle met huiswerk te help, altyd sportwedstryde kon bywoon of tyd vir dansklasse gehad het nie, en in skoolvakansies moes werk. Ek het dit gehaat om daardie ma te wees. My ouers was albei opvoeders, so dit het beteken ons was elke middag ná skool en elke vakansie saam. Dit het my baie gelukkig gemaak en dis wat ek altyd vir my kinders wou hê. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Celeste Campher
AkademikusDr. Celeste Campher het die grade B.Com., B.Com Hons., M.Com. én Ph.D. aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy is sedert 2011 ’n ekonomiedosent by haar alma mater en het voor dit vir sewe jaar (2003 – 2010) as ’n staatsamptenaar in die kantore van beide die premier en die provinsiale tesourie van die Vrystaat gewerk. Dié Kimberliet woon tans in Bloemfontein saam met haar man en vier kinders.