HIER sit ek oorgehaal en wag om op 1 November in die plaaslike verkiesing te gaan stem terwyl dit behoorlik op sosiale media gons van jongmense wat nie gaan stem nie.
Nuuskierig oor waarom nie, nader ek ’n paar van hulle en vra hulle uit. Ek bedoel, vir my as ’n bruin persoon is dit uiters belangrik om te stem, want my mense het destyds nie die voorreg gehad om te stem vir wie ons as leiers wou hê nie.
Tog verstaan ek waarom baie jongmense liewer op die heining wil sit. Baie van hulle wil eers langtermyn-verandering in die land sien, en baie is van mening dat verandering ’n pypdroom is. Soos Staysha-lee Boer, 'n voormalige student, wat deel dat sy graag wil sien hoe Suid-Afrika vooruitstrewe as ’n land, maar met die huidige regerende party is dit nie moontlik nie. Die ANC is sedert 1994 in beheer en die enigste verandering wat sy kan sien, “is die verhoging in korrupsie en die werkloosheidsyfer”. Daarom wil sy nie gaan stem nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.