Moet ek my beginsels prysgee net om my stemplig na te kom?

DIE JEUG EN DIE VERKIESING

Moet ek my beginsels prysgee net om my stemplig na te kom?

Jongmense is verward en wil verandering sien, sê NINA-ROSE CLARKE, maar hulle twyfel of 'n kruisie by die stembus enige verskil gaan maak.

EK is deel van die “born-free”-generasie. Vir my is dit belangrik om te stem, want ek weet hoe my voorouers en ouers baklei het vir die reg om te stem, maar ek voel nie noodwendig dieselfde band daarmee as diegene van wie die stemreg voorheen weerhou is nie.

Tog gaan ek stem omdat dit my burgerlike plig is om my inset te gee in  hoe die land en munisipaliteite bestuur word. Deur my stem te gebruik kan ek help bepaal wie regeer en hoe daar regeer word. As ’n party na my mening korrup is en swak dienste lewer, gaan ek my stem gebruik om van hulle ontslae te probeer raak. My stem kan verseker dat goeie regering in my omgewing in beheer kom en bly. Met my stem verseker ek dat my en mense na aan my se omstandighede verbeter. Ons huiswerker, wat my en my broer grootgemaak het, wag al hoeveel jaar vir ’n Hop-huis en my stem kan help dat sy dit kry en dat haar omstandighede sodoende kan verbeter. Ek oefen beheer uit oor omstandighede eerder as om net te sit en kla oor wat in die land gebeur.

Die regte rede..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.