Klip in die bos | Dis die skoolstelsel wat moet 30% kry, nie...

OORVOL KLASSE

Klip in die bos | Dis die skoolstelsel wat moet 30% kry, nie die kinders nie

As 'n mens dink aan die struikelblokke waarmee so baie kinders sit, is 'n slaagsyfer van 30% eintlik 'n luukse, sê JOSHWIN SAMPSON.

DIT het weer gegons op sosiale media oor die skandalige 30%-slaagsyfer wat glo getuig van die krisis in Suid-Afrika se basiese onderwys. Elke Jan Rap en sy maat kry die bobbejaanstuipe oor die onderwysdepartement se slaagvereistes en kla van agter hul selfoonskerms met sarkastiese en negatiewe kommentaar.

Kyk, ek's nie een wat glo aan middelmatigheid nie. Ek glo jy moet te alle tye na die beste van jou vermoë presteer in alles wat jy doen, hetsy dit in akademie, sport of die kunste is. 

Die probleem ontstaan egter wanneer mense opsetlik verby die kwessies kyk wat die gehalte van onderwys in Suid-Afrika beïnvloed. Omtrent die helfte van Suid-Afrika se laerskoolkinders in staatskole is in klasse met meer as 40 leerders, volgens die onderwys-ekonoom Martin Gustafsson (https://theconversation.com/a-teacher-retirement-wave-is-about-to-hit-south-africa-what-it-means-for-class-size-164345). En omtrent 15% is in klasse met meer as 50 kinders. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.