Die inligtingsoorlog waardeur ons kinders moet leef

HELE NUWE WÊRELD

Die inligtingsoorlog waardeur ons kinders moet leef

ALI VAN WYK sê as hy 22 jaar gelede 'n beter idee gehad het van die wêreld waarin hy kinders sou moes grootmaak, sou hy waarskynlik 'n ander besluit geneem het. Hy kyk na die impak van die digitale revolusie op jongmense.

EK staan in ons sitkamer in ’n kring van uitgelate en aangeklamde studente in uitspattige uitrustings met blinkertjies op hulle gesigte. Ek probeer ’n toespraak maak. Dis my oudste se 21ste verjaardagpartytjie en die tema is Y2-gay. Verstaan jy? Soos Y2K, maar net Y2-gay. Toemaar, met kinders het ek geleer sommige grappies hoef mens nie te vang nie.

Dis redelik moeilik om gepraat te kry, want my kind praat saam met my. Sy lewer kliphard kommentaar of brei uit op die staaltjies uit haar lewe wat ek vertel, tot groot vermaak van die ontvanklike gehoor wat uit al haar ewe bekkige pelle bestaan. Genadiglik het ons ’n goeie verhouding, maar sy het ook al die wettige drink-ouderdom bereik…

Ek het my eerste kind se 21ste verjaardagpartytjie onwillekeurig voor my geestesoog gesien vandat sy gebore is. Dit was sporadiese beelde wat vanself daar gevorm het, ingelig deur tradisionele idees van wat so 'n geleentheid moet wees, eerder as die werklikheid...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.