MERCY KANNEMEYER weet wat dit beteken om in die boesem van die gemeenskap van die gelowiges groot te word. In 'n pastorie. Sy sê dit verander iets aan jou, aan die chemie in jou brein.
ONLANGS gesels ek met ’n kollega oor my vormingsjare. Ek noem dat ek ’n predikantskind is en onder die waaksame, soms judgerage oë, van verskeie gemeentelede grootgeword het. Kerksmense. Dissipels van Jesus. Oor die jare was daar verskillende gemeentes. In die Evangelies Lutherse kerk waaraan my familie behoort het, was dit ’n instelling dat die predikante elke vier of vyf jaar na ’n ander gemeente toe skuif. So het dit gekom dat ek op verskeie plekke grootgeraak het. Mosselbaai. Amalienstein. Bloemfontein. Port Elizabeth. En nog ander. Nodeloos om te sê, is dit nie maklik om die vraag oor waar ek vandaan kom te beantwoord nie.
Ek en my kollega gesels verder oor soveel letterkundiges en woordmense wat predikantskinders is. Is daar ’n verband? Van jongs af moes ek en my broer byvoorbeeld uit die Bybel uit lees. Voor die hele kerk. Of ons nou lus was of nie. Ons was immers grootgemaak met Die Woord. Dit was amper asof ons konsert gehou het. En ook so amper asof ons net ons leesvaardighede wou afshow. Word kinders van onderwysers gevra om skool-skool te speel? Verbeel jou ’n dokter se kind moet gou padlangs iemand gesond maak.
Dis seker ’n bietjie far-fetched om ’n vergelyking te wil trek tussen predikantskind wees en dan as letterkundige of skrywer uit te draai. My lekewaarneming en geleefde ervaring (oef!) is geskoei op kerk as performance vorm, en hoe ons van vroeg af blootgestel word aan woorde, hoe om betekenis te soek en te vorm, en vir sommige sinici – make-believe. Geloof in dit wat jy nie kan sien nie. Nou kyk … dit daag vir seker die verbeelding uit! As dit nie vir my liefde vir en blootstelling aan woorde was nie, sou my paadjie as predikantskind sekerlik heel anders uitgedraai het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
GROOTWORD
Laat die predikantskinders net kinders wees
MERCY KANNEMEYER weet wat dit beteken om in die boesem van die gemeenskap van die gelowiges groot te word. In 'n pastorie. Sy sê dit verander iets aan jou, aan die chemie in jou brein.
Deel
ONLANGS gesels ek met ’n kollega oor my vormingsjare. Ek noem dat ek ’n predikantskind is en onder die waaksame, soms judgerage oë, van verskeie gemeentelede grootgeword het. Kerksmense. Dissipels van Jesus. Oor die jare was daar verskillende gemeentes. In die Evangelies Lutherse kerk waaraan my familie behoort het, was dit ’n instelling dat die predikante elke vier of vyf jaar na ’n ander gemeente toe skuif. So het dit gekom dat ek op verskeie plekke grootgeraak het. Mosselbaai. Amalienstein. Bloemfontein. Port Elizabeth. En nog ander. Nodeloos om te sê, is dit nie maklik om die vraag oor waar ek vandaan kom te beantwoord nie.
Ek en my kollega gesels verder oor soveel letterkundiges en woordmense wat predikantskinders is. Is daar ’n verband? Van jongs af moes ek en my broer byvoorbeeld uit die Bybel uit lees. Voor die hele kerk. Of ons nou lus was of nie. Ons was immers grootgemaak met Die Woord. Dit was amper asof ons konsert gehou het. En ook so amper asof ons net ons leesvaardighede wou afshow. Word kinders van onderwysers gevra om skool-skool te speel? Verbeel jou ’n dokter se kind moet gou padlangs iemand gesond maak.
Dis seker ’n bietjie far-fetched om ’n vergelyking te wil trek tussen predikantskind wees en dan as letterkundige of skrywer uit te draai. My lekewaarneming en geleefde ervaring (oef!) is geskoei op kerk as performance vorm, en hoe ons van vroeg af blootgestel word aan woorde, hoe om betekenis te soek en te vorm, en vir sommige sinici – make-believe. Geloof in dit wat jy nie kan sien nie. Nou kyk … dit daag vir seker die verbeelding uit! As dit nie vir my liefde vir en blootstelling aan woorde was nie, sou my paadjie as predikantskind sekerlik heel anders uitgedraai het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Wat ís dit met die NGK wat nie kan saamstaan nie?
Die kerkbasaar is nie meer wat dit was nie
Jung, apologeet vir pastoriekinders
Ouens, luister, Gen Z is hie
Deddie en die ANC
Sommige het vleis geëet, ander is vis gegee
Die skeiding tussen staat en uterus
Deel
-
Deel
Mercy Kannemeyer
RubriekskrywerMercy Kannemeyer is 'n skrywer, regisseur, teatermaker, produksiebestuurder en meningsvormer. Sy het drama en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch studeer, en woon deesdae in Johannesburg.