‘Sagte handjies, stinkende wonde’ – die dae van die ou dokters

ODE AAN ’N HUISDOKTER

‘Sagte handjies, stinkende wonde’ – die dae van die ou dokters

ALI VAN WYK onthou die tyd toe ’n huisdokter nog na jou huis toe gekom het as dit nodig was. Hy onthou hoe 'n dokter in die eerste plek ’n mens en hulpverlener was en nie ’n verteenwoordiger van die mediese industriële kompleks nie.

’n GROOT voordeel van om in ’n stad te bly, is dat jy omring is deur mediese spesialiste wat na elke vierkante sentimeter van die sak vleis en bene waarin jy leef, kan omsien. Hier’s ’n mechanic vir elke orgaan en kwaal.

Dit het nou al só geraak dat jou huisdokter se spreekkamer soos ’n tussenstasie is waardeur jy reis om by ’n spesialisbestemming uit te kom. Jy groet net haastig in die verbygaan.

As jy lid is van ’n mediese fonds is jy boonop deel van ’n soort industriële mediese kompleks wat lankal uitgepluis het dat dit beter is vir hulle winsgewendheid om jou proaktief gesond te hou, as om daai taak aan jou twyfelagtige oordeel oor te laat. Hulle sal dus tot die uiterste gaan om seker te maak dat elke kwaaltjie wat jy op die lyf loop, en inderdaad ook dié wat hulle glo jy moontlik nog op die lyf gaan loop, na omgesien word deur die mees gekwalifiseerde mediese kundige binne ’n 100 km-radius van jou af...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.