PASTOOR WAT MET GELD TOOR
Die kuns en kullery van Pretoria se kookwater Jesus-boytjie
Dit het pastoor Xandré Strydom en sy Christ in Me Collective-kerk nie lank geneem om nasionaal bekend te raak nie. Hy het dit binne 10 jaar reggekry deur die doktrine van die Drie-enige God aan te pas, en by wyse van kreatiewe finansiële verhoudinge met gegoede gemeentelede. Sulke organisasies boei ALI VAN WYK.
PASTOOR WAT MET GELD TOOR
Die kuns en kullery van Pretoria se kookwater Jesus-boytjie
Dit het pastoor Xandré Strydom en sy Christ in Me Collective-kerk nie lank geneem om nasionaal bekend te raak nie. Hy het dit binne 10 jaar reggekry deur die doktrine van die Drie-enige God aan te pas, en by wyse van kreatiewe finansiële verhoudinge met gegoede gemeentelede. Sulke organisasies boei ALI VAN WYK.
Deel
EK HET Xandré Strydom die eerste keer as prediker in aksie gesien op ’n video van die beweerde massaswendelaar Louis Liebenberg se troue met die Bloemfonteinse eiendomsagent Dezzi van Schalkwyk twee jaar gelede. Ja, die sogenaamde R20 miljoen-troue waar die Zoeloekoning ('n rukkie) teenwoordig was, verskeie ministers, ’n gros glanspersoonlikhede (sommige al effe verdof) en ten minste 10 000 wit rose en lelies.
Op daardie stadium het ek in my agterkop geweet daar is ’n baie charismatiese jong Pretoria-pastoor met ’n Gideonsbende ewe fyn uitgevatte broeders wat die wenkbroue laat lig oor hul betrokkenheid by die aansienlike sakebelange van sommige van hul gemeentelede. Hul bedrywighede het ’n paar jaar voor Liebenberg se troue al die aandag van kultusjagters op Amerikaanse podcasts getrek.
Ek het nie dadelik besef dat dit die einste jakkals was waarna ek gekyk het nie, maar ek was onmiddellik onder die indruk van die fyn toneelspel van hierdie viriele boytjie van Pretoria-Oos op die skerm. Dit was meesterlik, man. Dit blaas die helfte van die universiteit-opgeleide metode-akteurs wat ek al gesien het skoon uit die water...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
MK-party: Is daar ’n ondergang ná die opgang?
Voorouers is dood, kom ons beweeg aan
Uit die kloue van ’n kultus
Hoekom is so min kultusleiers vroue?
Dis nie net Trump wat lieg nie
Mense is net sulke ape soos bobbejane
Deel
-
Deel
Ali van Wyk
InhoudsredakteurAli van Wyk is inhoudsredakteur van Vrye Weekblad.