Eben Venter woon die afgelope dekade saam met sy partner, Gerard, in Lismore naby die mees oostelike punt van die Australiese vasteland. Hy het drie van sy romans hier voltooi; die laaste was Groen Soos die Hemel Daarbo, wat hy ook in Engels vertaal het. Verlede jaar het hy ’n doktorsgraad oor ’n teorie van vertaling verwerf aan die Universiteit van Queensland. Sy jongste roman – wat hy in Engels geskryf en in Afrikaans vertaal het – het ’n renosterkoei as hoofkarakter.
ONS IS ALMAL EEN
In die Oos-Kaap of Melbourne, die aarde se belang is deel van jou
EBEN VENTER het weer 'n paar dae in Melbourne gaan kuier. En sê hy weet nou dat nostalgie, die hartspyn van tuiskoms, verskuif moet word na ons drome; daar moet dit verwerk en verstorie word.
Deel
IN Melbourne het hierdie dinge met my begin gebeur. Ek het byvoorbeeld afgebuig om 'n potjie Vegemite, dis Australië se Marmite, van die rak in die supermark af te haal, en is onwillekeurig teruggevoer na die middag toe 'n verwoestende wind op ons plaas in die Oos-Kaap opgekom het, en hoe daardie wind sinkplaat ná sinkplaat afgeskil het van die pak sinkplate wat daar langs die skuur gelê het. My ma was die enigste grootmens op die werf, en sy't die gevaar besef, en nadergehol om die pak sinkplate te probeer vastrap. En nou, met die potjie Vegemite in my hand, onthou ek hoe een van daardie sinkplate met sy snyrant om haar lyf gevou het.
Ek vlieg suid om weer vier dae in Melbourne te gaan kuier. Melbourne is soort van my grootworddorp in Australië, want daar het ek 'n vegetariese kafee, Wild Rice, begin, en op vaste voet gekom. Wild Rice bestaan nie meer nie, maar op haar dag het die rykste Joodse mense in die stad onder ons kliënte getel. Ons kos was so te sê kosjer en ons gebraaide rysballe met tahini- en suurlemoensous het 'n heilsame stapeldis vir al die sekswerkers geword.
Een van hulle, Robin, het altyd net voor sluitingstyd ingewarrel, só deur die blare en tog so mooi. Buitekant het haar geel Porsche met die registrasienommer THANX geparkeer gestaan. Maar laat ek nie in nostalgie verval nie. Ek weet nou dat nostalgie, die hartspyn van tuiskoms, verskuif moet word na ons drome; daar moet dit verwerk en verstorie word...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Om jou rug op ’n bendelewe te draai
Eben Venter reis na sy verlede...
Ek het ophou waarheid skryf
15 vrae aan Eben Venter
Deel
-
Deel
Eben Venter
SkrywerEben Venter woon die afgelope dekade saam met sy partner, Gerard, in Lismore naby die mees oostelike punt van die Australiese vasteland. Hy het drie van sy romans hier voltooi; die laaste was Groen Soos die Hemel Daarbo, wat hy ook in Engels vertaal het. Verlede jaar het hy ’n doktorsgraad oor ’n teorie van vertaling verwerf aan die Universiteit van Queensland. Sy jongste roman – wat hy in Engels geskryf en in Afrikaans vertaal het – het ’n renosterkoei as hoofkarakter.