GESOND OF SONDE?
Pick jou ’zempic swak, en jy’s ’n pokkel in die pekel
Die Amerikaanse gesondheidswaghond FDA het die medikasie Ozempic in 2017 goedgekeur vir die bestuur van tipe 2-diabetes, maar dokters en pasiënte het gou agtergekom dat dit ’n sterk effek op eetlus en gewigsverlies het. CELESTE THERON vind meer uit.
GESOND OF SONDE?
Pick jou ’zempic swak, en jy’s ’n pokkel in die pekel
Die Amerikaanse gesondheidswaghond FDA het die medikasie Ozempic in 2017 goedgekeur vir die bestuur van tipe 2-diabetes, maar dokters en pasiënte het gou agtergekom dat dit ’n sterk effek op eetlus en gewigsverlies het. CELESTE THERON vind meer uit.
Deel
HIER teen 2021 en 2022 het Ozempic se gewildheid as ’n gewigsverliesmiddel drasties toegeneem, veral toe bekendes en sosialemediagebruikers die nuus begin deel het dat hulle drastiese gewigsverlies daarmee ervaar. Dit het daartoe gelei dat al meer mense wat glad nie aan diabetes ly nie, die medikasie begin gebruik het om gewig te verloor. Voordat ek van Ozempic gehoor het, was dit opvallend om byna oornag mense op sosialemediaplatforms groot gedaanteverwisselings te sien ondergaan.
Ek het die eerste keer daarvan gehoor by ’n skemerparty, waar iemand die heerlike frikadelletjies van die hand gewys het en gebieg het hulle gebruik Ozempic (“zempic” uitgespreek). Eers het ek my oë gerek en gedink daar is ’n nuwe tipe partytjie-dwelm op die mark, maar is vinnig reggehelp dat dit ’n wettige gewigsverliesmiddel is, wat jou huisdokter vir jou kan voorskryf.
Omdat Ozempic nie amptelik vir gewigsverlies goedgekeur is nie, het die vervaardiger, Novo Nordisk, ’n soortgelyke middel genaamd Wegovy ontwikkel, wat in 2021 deur die Amerikaanse gesondheidswaghond, die Food and Drug Administration (FDA), goedgekeur is spesifiek vir vetsug en gewigbestuur. Wegovy het dieselfde aktiewe bestanddeel as Ozempic, maar teen ’n hoër dosis...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Kies jou woorde mooi oor dié dieetpil
Ozempic: Nuwe wonderkuur vir gewigsverlies?
Die talle voordele van ‘onderbroke vas’
Welkom by die lewe in al sy volheid
Hoop vir pyn, depressie, alkoholisme, alzheimers?
Versoeters met bitter nagevolge?
Deel
-
Deel
Celeste Theron
SkrywerCeleste Theron is ’n skrywer en kunstenaar van Pretoria.