MARS IN SY VISIER
Adrenalien-junkie, space cowboy en proefbuis-pa
Nadat sy die twee biografieë van Elon Musk gelees het wat in 2023 verskyn het, het DEBORAH STEINMAIR probeer agterkom hoe sy kop werk – in die tyd voordat hy pens en pootjies vir Donald Trump geval het.
MARS IN SY VISIER
Adrenalien-junkie, space cowboy en proefbuis-pa
Nadat sy die twee biografieë van Elon Musk gelees het wat in 2023 verskyn het, het DEBORAH STEINMAIR probeer agterkom hoe sy kop werk – in die tyd voordat hy pens en pootjies vir Donald Trump geval het.
Deel
WIE is Elon Musk en wat motiveer hom? Daar het vanjaar [2023] twee biografieë verskyn, deur Michael Vlismas en deur Walter Isaacson, laasgenoemde met Musk se samewerking. Isaacson is toegelaat om Musk vir twee jaar te volg, vergaderings by te woon, e-posse te lees en Musk het sy vriende, werknemers en eksvroue aangemoedig om met hom te gesels. Tog het hy glo nie die boek in ’n sekere rigting probeer stuur of dit vooraf gelees nie.
Ná al hierdie bladsye bly die man ’n enigma met ’n manies aktiewe brein, brandende ongeduld en ’n kompulsie om wilde kanse te waag. En ongediagnoseerde Aspergers: Hy kan nie mense se emosies peil nie. Sy gesigsuitdrukking is dikwels strak, soos dié van ’n robot. Wanneer hy diep dink, is hy soos ’n rekenaar wat besig is om te prosesseer. Sy sensoriese sisteme skakel af en hy kan geen data inneem nie. Sy ma vertel: “It’s best not to try to break through when he has that vacant stare.”
Benewens ’n problematiese persoonlikheid is sy oerwond sy pa. Errol Musk is ’n flambojante, spulse ou bok, ’n grandiose grootprater wat deur Elon as “suiwer boosheid” bestempel is. Errol het met albei biograwe gepraat, tot vervelens toe. Hy kom stapelgek en totaal narsisties oor, en nie ’n vriend van die waarheid nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
G’n maklike pad tussen al dié bot-sende belange
Is Musk se politieke doppie geklink?
Bluesky teen X – die sosialemedia-oorlog is hier
Viva jingoïsme en machismo viva!
Voorwaarts, Mars, voorwaarts, Musk!
Keiser Elon is kaal sonder sy ruimtepak
Hoe die internet ons uitmekaar skeur
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.