Anderkant die rooi lyn van wat wit vroue begeer

SEKS, RAS EN IDENTITEIT

Anderkant die rooi lyn van wat wit vroue begeer

Azille Coetzee se nuutste boek ondersoek die skakels tussen ras, geslag en begeerte in die konteks van wit Afrikaner-vroulikheid en die dekolonisering daarvan. Sy gesels met CELESTE THERON.

AZILLE COETZEE verskyn op die skerm met haar kenmerkende blonde bob en kortgeknipte kuif in ’n helderverligte kamer wat net ’n boekrak en boogvormige spieël vertoon. Altwee van ons kan aanvoel dat ons eintlik lankal ’n dialoog met mekaar voer; ons is bewus van mekaar se skryfwerk en steun op dieselfde bronne.

Coetzee het al drie boeke gepubliseer. Sy is die skrywer van In my vel: ’n Reis (2019), uitgegee deur Tafelberg, Die teenoorgestelde is net so waar (2011) uitgegee deur Human en Rousseau en Desire at the End of the White Line: Notes on the decolonisation of white Afrikaner femininity (2024, UKZN Press).

Desire at the End of the White Line is ’n akademiese en persoonlike ondersoek na hoe wit Afrikaner-vroulikheid histories gekonstrueer is en hoe dit binne ’n dekoloniale raamwerk herbedink kan word. Die boek ondersoek die kernskakel tussen ras, geslag en begeerte binne die konteks van wit Afrikaner-vroulikheid en die dekolonisering daarvan. Coetzee analiseer hoe Afrikaner-witheid histories gekonstrueer is deur patriargale gesinstrukture, seksuele norme en rasgebaseerde hiërargieë. Sy voer aan dat geslags- en rasonderdrukking in Suid-Afrika diep verweef is en saam aangespreek moet word in dekoloniale pogings. Dit is ’n dik boek met baie stof tot nadenke. Ek gesels met Azille oor ’n glas wyn en sigarette om haar nuwe boek te bespreek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.