Gaan verf Orania rooi en groen met jou gene

DRIE HOERA'S VIR UITTELING

Gaan verf Orania rooi en groen met jou gene

Die kwessie van Orania, die skep van 'n ‘veilige hawe' vir mense wat bedreig voel weens hul Afrikaner-etnisiteit of rasse-eksepsionaliteit – gerieflik geklee as ‘kultuur' – het al weer op ISMAIL LAGARDIEN se sosialemedia-tydlyne kop uitgesteek. Hy vind dit nogal eentonig.

EK HET 'n vreemde, amper oneerlike, waarskynlik teenstrydige benadering hiertoe. Ek het al voorheen in hierdie rubriek (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2024-09-27-agter-elke-woedende-wit-man/) oor hierdie kwessie geskryf. Aan die een kant gee ek nie regtig om nie; mense kan hulself as enigiets identifiseer of hulle by enige “kulturele" groep van hul keuse skaar. Met my belangstelling in my familie-herkoms en -erfenis, is ek regtig tevrede daarmee om “van kleur” te wees. 'n Vlaggie wat hier geplaas word, is dat ons ten minste met eerlikheid moet begin. Vandaar my skoorsoekerigheid met die DA, en die meeste van sy volgelinge. (Sien hier (https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2024-07-10-minorities-and-elites-at-the-end-of-majoritarianism-in-south-africa/) of hier. (https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2024-06-17-da-leader-steenhuisen-has-nothing-to-lose-in-a-country-set-back-three-decades/))

Hierdie eerlikheid het te make met die aanvaarding dat baie miljoene van ons nie in Suid-Afrika sou gewees het was dit nie vir kolonisasie nie. Die multistreek-hipotese (mense het skielik uit die aarde opgespring op plekke so ver en wyd uitmekaar soos Rapa Nui en Irkutsk) het verloor teen die Out of Africa-tese. 

Nietemin, en net om duidelik te wees: Die verdediging van die regte van almal wat in hierdie land woon, is 'n saak waarvoor ek my kop op ’n blok sou sit! Ons het dit voorheen gedoen, in die 1980's, en ons sal dit weer doen...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.