UITEINDELIK is ek weer op die job, ’n opdrag van Fairlady. Ek is genooi na die CD-bekendstelling van iemand genaamd Willie Liebenberg. Volgens die persverklaring is hy die Big New Thing in die Afrikaanse mark.
’n Paar musiekjourno’s maal so effe verlore rond op die terrein van die junket, 'n verlate hospitaal of sanatorium of iets, ’n verdrietige versameling leë siersteengeboue op ’n verwaarloosde terrein. Gus Silber, Theunis Engelbrecht, Mike Waddacor en Mike van Niekerk is ’n paar wat ek herken.
Niemand weet wat om te verwag nie, maar daar is darem ’n tafel met toebroodjies en goed, ’n ander een met drankies. Ons kan ’n drankie drink, maar mag nog nie eet nie, vertel die kelner ons, nou klont ons almal maar saam rondom die dranktafel. Ek sien ’n paar parate gespierde ouens geklee in swart jeans met agterdogwekkende bultjies onder hul T-hemde wat in die agtergrond rondhang. Dit lyk of hulle moeilikheid verwag.
"Die ouens lyk soos bouncers," sê ek vir Mike Waddacor wat staan en suig aan ’n bier.
"Bodyguards, heel waarskynlik," sê hy.
"Wat weet jy van die karakter?" sê ek weer. “Ek het nog nooit van hom gehoor nie.”
“Sweet fuck-all, bru,” sê hy met ‘n knipoog. "Ek het net vir die chow en die booze gekom." Hy sluk weer aan sy bier. "Vir wie skryf jy?"
"Fairlady," sê ek.
"Befokte musiek mag," sê hy met ‘n grinnik.
"Hey, honderd bucks is honderd bucks, eksê," skop ek teë, geïrriteerd.
Die geluid van ’n helikopter in die verte onderbreek verdere afbrekende kommentaar van die pro. Nie lank nie, of die helikopter woer-woer so 50 m verder bokant ons koppe rond. Almal check die scene uit met joernalistieke verwondering, met ander woorde: gesonde siniese neusoptrekkerige wat-de-fok-doen-die-ou-nou verwondering. Bietjie pretensieus vir ’n entrance, dink ek nog, maar dit trek darem die klomp se aandag van die dranktafel af.
Ek verwag dat die helikopter gaan land, die sanger aflaai, glimlaggend en gereed om homself in ons aanbiddende glorie te begewe. Maar in plaas daarvan val daar toue van bo af uit die chopper se oop sydeur, gevolg deur 'n paar ouens wat rats daarteen afseil. Hulle is ook geklee in swart, maar daar is balaklavas oor hul gesigte, en outomatiese gewere op hul rûe.
“Wat de fok?!” sê ek.
"Publisiteit stunt," sê Mike, en suig aan sy bier, maar hou darem een oog op die scenario.
"Ek hoop so, anders is ons in die moeilikheid," sê ek, en kyk rond vir 'n veilige plek om weg te kruip, net in geval.
Die klomp swartgeklede vleiskoeke laat nie op hulle wag nie, en hulle spring ook in aksie, trek hul eie wapens onder hul T-hemde uit en begin skiet op die kommando’s wat sommer uit die lug uit begin terugskiet.
Mike sien die kelner by die snacks tafel se aandag is afgetrek, en hy maak gebruik van die oomblik deur ’n handjie vol versnaperings vinnig op ’n papierbord te laai, en eenkant te staan en eet.
Niemand is heel seker wat aangaan nie; dit is immers Suid-Afrika dié. Die helfte van die perskorps duik vir dekking, ingeval dit nou nie ’n beplande ding is nie, terwyl die ander helfte hardloop vir hul motors, nie bereid om ’n kans te vat nie. Mike is alleen by die tafel waar hy kalm en onverskrokke vir hom nog ’n drankie kry.
Chaos volg, en die dranktafel word nou selfs deur Mike in die steek gelaat. Dít op sigself is kommerwekkend. Musiekjoernaliste het ’n spesiale toewyding wanneer dit kom by drank.
Dit knetter en spoeg en dreun en lawaai. Thunderflashes gaan af, die chopper druis bokant ons koppe, en dit voel of ons is in die middel van 'n fokken slagveld is. ’n Paar rookbomme ontplof ook nog rondom die klein verhogie wat eenkant opgerig is, en vir ’n paar lang oomblikke word die hele toneel deur ‘n dik rookwolk ingesluk. Uiteindelik sluip die helikopter weg, die rook warrel en draai en skielik is dit doodstil.
Iewers druk ’n klankingenieur ’n knoppie van ‘n terugspeelmasjien en ’n geblikte kitaarklank sny deur die oorblywende rook.
Ons – dis nou die oorblywende en meestal bewende persmense – steek ons koppe uit van agter die skuiling wat ons gevind het, net betyds om te sien hoe ’n plomperige kêreltjie wat lyk soos ’n besproete gekamoefleerde worsie wat in ’n te knap uniform ingeprop is, op die verhoog verskyn. Hy begin onmiddellik met ’n dansroetine wat duidelik gechoreografeer is deur ’n sersant-majoor of iemand met kennis van militêre drilprosedure.
Met ’n swierige Tom Jones-swaai swiep die kêreltjie die mikrofoonkoord in sy plek, kry sy staan, en begin wydsbeen sing oor ’n dodelike rooi gevaar wat ons land bedreig. Tussen-in wikkel hy sy heupies die kant toe en daai kant toe, so half ongemaklik, asof hy nog nie die beweging genoeg geoefen het nie. Die swartgeklede vleiskoeke het hul gewere intussen neergesit. Hulle elmboog mekaar al grinnikend langs die verhoog, en vir 'n aaklige oomblik dink ek hulle gaan 'n lyn agter hom vorm, mekaar om die middel gryp en ’n burleske opskoproetine begin, maar gelukkig bly hulle staan.
Dit kan net Willie Liebenberg wees, en duidelik is hy in sy eie kop die meester van die publisiteit stunt, miskien selfs die koning van dansstappies. Hy het beslis ons aandag – en blykbaar heelwat pond daarby, want vandag se storietjie was nie goedkoop nie. Maar die liedjies waarmee hy ons probeer omkoop, suig soos ’n Electrolux.
“I’m out of here, bru,” sê Mike en druk ’n laaste versnaperinkie die mond in. “Deadline calls,” verduidelik hy.
Later, toe ek ’n bietjie met Willie chat, hoor ek dat hy van Pretoria is en dat hy al wou sing vandat hy drie jaar oud was.
"Musiek is in my bloed," sê hy met oorgawe. En ek hoop dit bly daar, dink ek. Hy wil my voorstel aan sy familie, veral sy pa – wat waarskynlik vir hierdie bekendstelling betaal het – maar ek verskoon my ook met ’n deadline wat roep.
Op pad terug na my motor stap ek verby die vleiskoeke en die kommando-tipes wat (al klaar lekker warm) mekaar luidkeels op die skouer slaan en hulle vergryp aan die groot hoeveelheid oorblywende drank, so asof hulle nou net ’n oorlog gewen het.
Willie staan op sy eie rond en lyk effens verlore.
Toe ek uiteindelik voor my tikmasjien sit, voel ek verplig om dinge so bietjie in perspektief te plaas.
Die ding is dat Afrikaanse musiek hom in ’n verre, konserwatiewe verlede bevind, waar hy vasgevang bly in ’n paradys bevolk deur bebaarde, edel helde in kakiekortbroeke, en kuise, oulike maagde met kuiltjies in hulle wangetjies en skaam glimlaggies, wat stilsit in kerkbanke en aandagtig luister na die Woord of luister na lekkerliedjies oor verlore liefde, waterblommetjies, ewige gebergtes en Karoo-landskappe, en nostalgies verlang na hul wêreld wat haas besig is om te verdwyn.
Ek wens Afrikaans wou wakker word en die res van die wêreld inhaal, al is dit net om my te bevry van die diep verleentheid wat ek voel om deel te wees van hierdie sogenaamde wit stam van Afrika.
Ek kan die kultuur nie verdra nie; die stille en ongesegde vertroue dat ons almal in dieselfde bootjie is; die vrese vir enigiets nuuts, en die verregaande, irrasionele idee dat ons, Afrikaners, die "uitverkore volk" is.
In die wêreld waar ek my die afgelope paar jaar bevind, is Afrikaanssprekendes ’n onbeduidende minderheid, wat verpes word deur enigiemand wat nie Afrikaans is nie, en groot agterdog regverdig. As jy Afrikaans is in my wêreld, is jy heel moontlik ’n spioen, impimpi vir die Boere. Om my huistaal met enigiemand behalwe my grootouers (of polisiemanne) te praat, voel soos om jou beste vriend se kleinsus by te kom – heeltemal verkeerd.
Die min Afrikaanssprekendes, insluitend ek, wat deel van hierdie subkultuur is, praat nie eens Afrikaans met mekaar nie. Ons verkies ’n soort van Afrikaans/Engelse mengelmoes met ’n Kaapse skeefheid. Ons maak amper ’n nuwe taal, terwyl ons op die ou taal se graf dans.
Wie de fok dink hierdie Willie Liebenberg is hy dat hy my kan toor met 'n buitensporige fuifparty, belaglike stunts en bankrot liedjies oor ’n sogenaamde rooi gevaar? Die feit dat hy, of sy pa liewers, so iets kan reël, met helikopters, outomatiese gewere en rookbomme het al klaar die reuk van ‘n connected broeder. In watter wêreld woon hy? Sekerlik nie myne nie . . .
Toe skryf ek 'n storie oor die handjie vol alternatiewe Afrikaanse musikante soos David Kramer en Khaki Monitor, en verseker mense dat dít die toekoms van Afrikaanse musiek is, as dit wil oorleef, terwyl ek Willie Liebenberg uitkryt as 'n pretensieuse swendelaar wat met die verlede probeer boer.
Sover ek weet, is dit die enigste storie wat ooit oor Liebenberg geskryf is.
Die groot ironie is dat dit 'n visioenêre rooinek van Springs met die naam James Phillips aka Bernoldus Niemand sou vat, geklee soos ’n cowboy uit ’n Bonanza-stel (Stetson en al) om die slapende hond van Afrikaanse jeug uit sy sluimering wakker te skop, en al blaffend, knorrend en tjankend die toekoms in te sleep.
Dankie James, jou ou bliksem . . .
Carsten is om 2.30nm op Saterdag 18 Mei by die Franschhoek-letterkundefees in gesprek met Tom Eaton. Kaartjies beskikbaar deur WebTickets.
NUUT: Jy kan nou kommentaar lewer op hierdie storie. Gaan na heel onder op hierdie bladsy om jou sê te sê. Ons hoor graag van jou!
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net
vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
KWAK KWAK
Die dag toe Willie met ’n ‘bang’ geland het
Rian Malan noem dit ’n great boek ‘oor jol, zol en beeldskone losers wat sukkel om ’n pond te maak en apartheid omvêr te goei, in ’n tyd toe dit nog saakgemaak het’. Between Rock & a Hard Place is CARSTEN RASCH se memoir oor sy rol in die Suid-Afrikaanse counterculture in die laat sewentigs en tagtigs. Hierdie uittreksel, sê hy, gaan oor ‘Afrikaanse KWAK van die tagtigs’.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Carsten Rasch
BydraerCarsten Rasch was tot onlangs die eienaar van die lewer-veranderende Blah Blah Bar. Deesdae speel hy dromme vir die Sunny Skies, en skryf oor goed wat hy like, meestal musiek. Hy is die skrywer van 'Between Rock & a Hard Place' (Friction Books), 'n memoir oor sy ervaringe as 'n punk promoter in die eighties, en is besig met 'n tweede memoir, 'En Route to the Palace of Wisdom'.