Die duiwel agter elke bos, in elke dorp

SENSASIONELE DOKKIE

Die duiwel agter elke bos, in elke dorp

Die duiwel is in die detail en skuil agter elke bos, en dikwels agter gewone mense in middelklas-buurte. Devilsdorp, Showmax se dokumentêre kortreeks van vier episodes, lewer bewys dat kleiner dorpe, net soos die sondige stad, broeiplekke van onheil kan wees. Ondanks vyfster-resensies het die reeks egter 'n paar leemtes, skryf SCHALK SCHOOMBIE.

SENSASIE is Satan se middelnaam. Vervaardigers van ware misdaadreekse weet alte goed opspraakwekkende misdrywe laat die kyksyfers opskiet; hulle het ontdek dat skok-en-gril-onthullings oor die einde-van-alles-sektes, besetenheid, breinspoeling en maniese messiasse uitstyg as die vergrypkyk van voorkeur – dit kan meeding met gruwelflieks met satanistiese temas soos The Nun en Saint Joan, en feit troef fiksie immers elke keer. Die duiwel is in die detail en skuil agter elke bos, en dikwels agter gewone mense in middelklas-buurte.

Devilsdorp, Showmax se dokumentêre kortreeks van vier episodes, lewer bewys dat kleiner dorpe, net soos die sondige stad, broeiplekke van onheil kan wees.

Die gegewe is ’n geskenk vir enige inhoudsvervaardiger. Die resultaat is ’n krimi-reeks wat uit die nate bars met opspraakwekkende ware gebeure wat uit oorryp koerantopskrifte gepluk is: ’n string van 11 grusame moorde oor sowat vier jaar (2012 – 2016), ’n sataniese sekte wat as ’n vertakking van ’n evangeliese kerk ontstaan, duiweluitdrywing, breinspoeling, misleiding, ’n bulhond-speurder met goeie kleresmaak, ongerymdhede in polisie-ondersoeke en bewyse wat verdwyn, ’n joernalis wat verlief raak op ’n verdagte in aanhouding, opeenhopende skok-onthullings, kinkels en kloofhangers wat die kykers hipnotiseer en slaafs laat aanhou kyk. Onbetwisbaar sensasioneel in elke opsig...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.