JOHNNY Depp onthou sy eerste ontmoeting met Amber Heard: “In 2008 het sy na my kantoor gekom tydens oudisies vir The Rum Diary. Ek het haar een kyk gegee en gewéét sy is die karakter. Ek het gedink: Ja, sy sal my definitief kan doodmaak. Sy was soet en aangenaam, intelligent, geletterd. Later op stel in ’n storttoneel moes ons mekaar soen. Dit het gevoel soos iets wat ek nie moes voel nie ... ”
Heard onthou dit so: “Depp wou my persoonlik ontmoet. Ons het ure lank gesels, oor boeke, musiek, gedigte. Ek was 22 en hy heelwat ouer, en tog het ons gekliek. Later het hy my gebel om te sê die rol is myne. Die soen in die storttoneel het nie soos ’n gewone soen gevoel nie. Jy gebruik nie gewoonlik jou tong as jy dit kan vermy nie. Daar is ’n grens en dit is oorskry. Hy het my gesig in sy hande geneem en my werklik gesoen. Ja, met tong.”
In die Depp vs. Heard-lastersaak in Virginia in die VSA (hy eis $50 miljoen, sy $100 miljoen) was die eerste ontmoeting een van die min kere waaroor die twee kon saamstem. (Die lastersaak is na aanleiding van ’n essay deur Heard in The Washington Post op 18 Desember 2018 waarin sy skryf oor haar eks se seksuele geweld.)..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.