Zuma pluk ’n lat vir hom eie gat

BROEDERTWIS

Zuma pluk ’n lat vir hom eie gat

Oudpres. Jacob Zuma het in sy getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek bewustelik of onbewustelik die weg gebaan vir verdere verbrokkeling binne die regerende party, voorspel ISMAIL LAGARDIEN.

DAAR is reeds gerugte dat so 'n skeuring 'n voortsetting kan wees van die spanning tydens die ontbinding van die United Democratic Front (UDF) in die vroeë 1990’s en gevolglike pogings om die afkeurende stemme binne die ANC stil te maak. Wat desnieteenstaande duidelik blyk, is dat Zuma deur sy getuienis 'n lat vir hom eie gat gepluk het, soos die oumense graag gesê het.

Deur sy getuienis het hy nog groter onsekerheid geskep binne die gefragmenteerde Suid-Afrikaanse samelewing. 'n Swerm kraaie, geklee in revolusionêre rooi uitrustings, draai om hierdie konflik, al wagtend op die verrottende stank van politieke karkasse nadat Zuma se gif volledig gesypel het deur die krake van Suid-Afrikaanse politiek.

Van die eerbaarste stemme was striemend oor sy bewerings, aantygings en aansprake oor spioene binne die ANC, en wat geklink het na opsetlike verdoeseling gedurende sy getuienis...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.