Die Arch en my oomblik van skaamte

LAE HOUE

Die Arch en my oomblik van skaamte

JOHAN KOORNHOF onthou die keer toe hy Desmond Tutu onbedoeld onder 'n venynige aanslag deur agente van die destydse Buro vir Staatsveiligheid laat deurloop het.

DIE Arch was destyds nog ’n biskop en hoof van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, ’n ware doring in die vlees van die ou Nasionale regering. Hy was per slot van rekening ’n geloofsman en nie so maklik om stil te maak of te verban nie. Individue was ook toe verban (nie net organisasies nie), wat beteken het dat hulle nie aangehaal of gepubliseer kon word of vrylik mag rondbeweeg het nie. Dit was die laat 1970's en die land was in oproer met selfs skoolkinders wat teen die regime in opstand gekom het. Desperate metodes is aangewend teen enige vorm van opposisie.

My poging as student om ’n stem by die opposisie te voeg, was die stigting van ’n futuristies benaamde forum genaamd Gesprek 2000. Die idee was om swart leiers te nooi om hoofsaaklik Tukkie-studente toe te spreek. Dit het in hotelle in Pretoria plaasgevind aangesien die Universiteit van Pretoria dit verbode geag het dat swart mense studente op die kampus toespreek.

Tot my vreugde het biskop Desmond Tutu ingestem om aan Gesprek 2000 deel te neem. Hy was reeds bekend vir sy innemende en interessante persoonlikheid, en natuurlik sy uitgesproke standpunte teen ongeregtigheid, rassisme en die regime se beleid van onderdrukking en apartheid...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.