Justus Visagie is 'n motorskrywer met 'n voorliefde vir elektriese motors. Hy skryf ook oor motorfietse en vragmotors. Hy woon in die Kaap omdat 'n mens te ver van Johannesburg moet reis om lekker paaie te ry. (Hy het Vrye Weekblad as student in die vroeë 90's begin lees.)
GROEN WIELE
Dis duur om ’n arm motoris te wees
Minstens nege nuwe battery-aangedrewe elektriese motors sal vanjaar in Suid-Afrika band aan wal sit en hul eienaars met goedkoop energie vervoer, skryf JUSTUS VISAGIE. Die nuwelinge wie se koms bevestig is, is egter almal peperduur Audi’s, BMW’s en Mercs. Met dié hoë pryse en faktore soos Eskom se beurtkrag en besoedeling, is elektriese motors bloot speelgoed vir die rykes?
Deel
“WELKOM in die toekoms!” hoor ’n mens dikwels wanneer nog ’n battery-elektriese voertuig (BEV) op die toneel verskyn. So asof dit ’n nuwe ding is. In der waarheid is dié soort ryding amper 200 jaar oud (ouer as binnebrandenjin-motors) en was hulle 120 jaar gelede al gewild, veral onder welgestelde stedelinge in die VSA.
Die koms van goedkoop ruolie en die elektriese aansitter (wat die aanvanklike slinger vervang het) het daartoe bygedra dat binnebrandmotors praktieser en goedkoper geword het. Elektriese motors het ’n stille dood gesterf en binnebrandmotors se heerskappy het begin.
Hoekom is elektriese voertuie so duur?..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Justus Visagie
MotorjoernalisJustus Visagie is 'n motorskrywer met 'n voorliefde vir elektriese motors. Hy skryf ook oor motorfietse en vragmotors. Hy woon in die Kaap omdat 'n mens te ver van Johannesburg moet reis om lekker paaie te ry. (Hy het Vrye Weekblad as student in die vroeë 90's begin lees.)