Wat Cyril se toespraak vir sakelui beteken

ONTLEDING

Wat Cyril se toespraak vir sakelui beteken

FANIE CRONJE, risiko-ontleder by Approach Profit Managers, plaas pres. Cyril Ramaphosa se parlementsopening-toespraak onder die vergrootglas om te kyk waar hy wegbreek van die verlede.

  • 26 Julie 2024
  • Nuus & Politiek
  • 3 min om te lees
  • artikel 13 van 27
  • Fanie Cronje

PRES. CYRIL RAMAPHOSA het in vanjaar se parlementsopening die trant van vorige staatsredes, veral die een van 2022, voortgesit. Hierdie keer was daar egter ’n belangrike verskil: Hy het as leier van die regering van nasionale eenheid (RNE) gepraat, en nie net as leier van die ANC nie. Ekonomiese groei en werkskepping was van die belangrikste temas wat hy beklemtoon het.

Die president het in sy toespraak aangedui dat werkskepping gedryf deur die private sektor baie doeltreffender as staatsgedrewe pogings is. Dit dui op ’n belangrike beleidsverandering. Bekende temas soos die bekamping van rompslomp, die uitroei van korrupsie en ekonomiese groei is herhaal. In die verlede het hierdie uitsprake op niks uitgeloop nie, hoofsaaklik vanweë die beduidende teenkanting van die ANC se alliansievennote, die SAKP en Cosatu. Hierdie teenkanting het die uitvoering van beleid vertraag en dit uiteindelik laat misluk.

Met die RNE aan die stuur is daar hoop dat hierdie inisiatiewe nou effektief aandag sal kry en uitgevoer kan word. Hier sal die media en burgerlike gemeenskapsorganisasies ’n belangrike rol speel om verantwoordbaarheid te verseker. Dit is noodsaaklik dat die invloede van buite en binne die ANC-alliansie beperk word sodat hierdie beleidsinisiatiewe bevorder en uitgevoer kan word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.