Hoekom die eenheidsregering sal hou

ONS BESTE KANS

Hoekom die eenheidsregering sal hou

Wat is die oorlewingsvermoë van die regering van nasionale eenheid (RNE)? Hoe lank gaan dit hou? Vir politieke ontleders is dit 'n ongemaklike vraag waarvoor jy 'n kristalbal moet nader trek, bieg PIET CROUCAMP

DIE politieke konsultant en ontleder Daniel Silke reken dat ideologiese verskille en die duidelik onderskeibare politieke agendas van die ANC en die DA 'n permanente bedreiging inhou vir die lewensvatbaarheid van die regering van nasionale eenheid (RNE). Hierdie historiese en identiteitsverskille in pres. Cyril Ramaphosa se kabinet voed ook die algemene publiek se onsekerheid jeens die RNE.

Maar kom ons gaan terug na waar alles begin het. Die dae net na 29 Mei 2024 was vreemde tye op die vloer van die onafhanklike verkiesingskommissie se uitslagsentrum by Gallagher Estate in Midrand. Die onafhanklike verkiesingskommissie het elke politieke party van 'n nederige tafel, 'n rekenaarskerm en 'n paar stoele voorsien.

Van die ANC se magtige Gwede Mantashe tot die VF+ se stormtroepe het tot ounag op wit plastiekstoele gesit en met dieselfde gevoel van onsekere verwagting na die vir hulle teleurstellende uitslae hoog teen die muur gestaar. Vir politieke verslaggewers wat oor dekades heen die arrogansie van Gwede Mantashe en Nomvula Mokonyane moes verduur, was dié twee kaders se ooglopende verleentheid  amusant, vir die ANC was dit die nuwe politieke werklikheid...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.