VAN SANDTON TOT ESWATINI
Zama-zamas se benerige vingers wys na die hele Suid-Afrika
Onwettige mynery en die mynwese in die algemeen is ’n ander heelal vir ’n leek soos ALI VAN WYK. Daarom vra hy antwoorde by ou myner Bernard Swanepoel, voormalige uitvoerende hoof van Harmony Gold en self 'n soort zama-zama, wat ’n uitgediende goudmyn in een van die winsgewendstes ter wêreld omtower het.
VAN SANDTON TOT ESWATINI
Zama-zamas se benerige vingers wys na die hele Suid-Afrika
Onwettige mynery en die mynwese in die algemeen is ’n ander heelal vir ’n leek soos ALI VAN WYK. Daarom vra hy antwoorde by ou myner Bernard Swanepoel, voormalige uitvoerende hoof van Harmony Gold en self 'n soort zama-zama, wat ’n uitgediende goudmyn in een van die winsgewendstes ter wêreld omtower het.
Deel
BERNARD SWANEPOEL laat weet dis reg, ons kan praat, maar hoe laat staan ek op? Ek is meeste oggende so tussen 05:00 en 05:30 op. Kan ons sesuur ’n koffiegesprek hê, vra hy. En dis hoe ons oor gierigheid, dood, geweld, lyding en verterende armoede praat - als nog voor ontbyt.
Ek vertel hom ek was ’n SAUK-radioverslaggewer wat in die laat 1990’s gereeld na die Oos-Rand moes uitry as die polisie onwettige myners onder die grond moes uithaal. Die scenario was meestal dieselfde. Daar was altyd ’n ongeluk onder die grond, ’n tonnel wat ineengestort het, en iemand het die polisie gaan roep.
Die polisie het die ouens wat uitkom in hegtenis geneem, maar die onwettigheid was nooit die kruks van die saak nie – die reddingspoging was. Dit was nooit vertikale skagte nie maar sulke instaptonnels soos in die ou flieks, iewers tussen die vleie in die swartgebrande veld. Gewoonlik is vier of vyf lyke uitgedra. Dit was hartroerende tonele van mense wat op die verste uithoeke van die samelewing ly...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Zama vertel: ‘Die tonnels het ál stiller geraak ...’
Brutale aangesig van sistemiese mislukking
Gewelddadige wêreld van Stilfontein se zama-zamas
Zama-pap: Tandepasta en toiletpapier
Zama-zamas migreer van goud na graan
Groot geld, groen mynbou, miljoene se toekoms
Deel
-
Deel
Ali van Wyk
InhoudsredakteurAli van Wyk is inhoudsredakteur van Vrye Weekblad.