Vat so! Om die vat só pad-af te skop ís demokraties

BEGROTING

Vat so! Om die vat só pad-af te skop ís demokraties

In 'n ongekende wending is die 2025-begrotingsrede op die laaste oomblik afgelas. Soos die minister van finansies, Enoch Godongwana, op die harde manier geleer het, is nie-konsensuele belasting taboe, skryf Currency News se T.J. STRYDOM.

DIE ding wat die nasionale tesourie in die pad afgeskop het, blyk nou, was nie 'n blikkie nie, maar 'n vat – vat met 'n hoofletter V, hoofletter A en hoofletter T.

Om die steeds groter wordende gat in staatsfinansies toe te stop, sou BTW vanaf April van 15% tot 17% verhoog word, het die minister van finansies, Enoch Godongwana, beoog om Woensdag aan te kondig.

Dis net, hy het nie. Wat ’n gewaagde stap sou wees, en ’n onverwagse en ongewilde een, het geblyk een van die groot pap-op-die-gesig-oomblikke in Suid-Afrika se onlangse geskiedenis te wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan [email protected].