Beleid oor hommeltuie sweef in die lug

HOOR JY DIE MAGTIGE ZZZZZZ?

Beleid oor hommeltuie sweef in die lug

Onbemande vlieënde voertuie word nou op haas elke terrein gebruik, maar hoe kan dit beter bestuur word, vra DR. RAENETTE GOTTARDO. Veral krygshommeltuie is 'n tameletjie aangesien hul gebruik telkens in stryd met die VN se Konvensie oor Sekere Konvensionele Wapens is.

HOMMELTUIE is deel van ons alledaagse lewe. Waar die ontwikkeling daarvan as 'n krygstuig begin het, is dit nou deel van burgerlike gebruik in gebiede so uiteenlopend soos landboubesproeiing, polisiëring, migrasiebeheer, sekuriteit en intelligensiewerwing, aflewering van bloed en medisyne, humanitêre operasies, monitering van klimaatverandering asook fotografie en rolprente. Elkeen van hierdie gebiede het unieke uitdagings vir beleidmakers en verdien om ontleed te word.

Hommeltuie wat sonder loodse vlieg, dateer uit die Eerste Wêreldoorlog toe die Britte die Aerial Target en die Amerikaners die Kettering Bug in toetsvlugte gebruik het. Tussen die twee wêreldoorloë het die Britte steeds met hommeltuigontwikkeling voortgegaan en is die DH828 Queen Bee ontwikkel. Na aanleiding van dié naam is daar toe glo begin om na die vlieënde voertuie as “drones" te verwys.

In die Tweede Wêreldoorlog is president John F. Kennedy se ouer broer, Joseph P. Kennedy Jr., in 1944 dood terwyl hy as 'n luitenant in die Amerikaanse vloot 'n basiese hommeltuig, die B-24 Liberator, tydens Operasie Aphrodite aanvalsgereed gemaak het. Die tuig het 9,600 pond se plofstof aan boord gehad en het voortydig naby die Engelse Kanaal ontplof. Verkenningshommeltuie is later uitgebreid in die Viëtnam-oorlog gebruik en in die Midde-Ooste as deel van die Amerikaners se “stryd teen terreur”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.