Verkeerdheid nooi ’n losheid binne

ANNE CARSON

Verkeerdheid nooi ’n losheid binne

LOUIS GAIGHER skep vir ons betekenis uit 'n begaafde skrywer se ryk en ontglipbare oeuvre.

“BRACKETS are exciting,” skryf die klassikus, skrywer, performer en kunstenaar Anne Carson. In If Not, Winter (2002), Carson se vertaling van Sappho-tekste, roep blokhakies die “papyrological event” op van ’n verweerde bladoppervlak en haas onleesbare teks. Hakies laat die leser deelneem aan die drama van die ontsyfering van papirusfragmente – so klein soos ’n posseël of vol gate – en bied “a free space of imaginal adventure”.

Sappho se gedigte is Carson se navorsingsmateriaal in haar debuut, Eros the Bittersweet (1986). Dit is ’n akademiese, liriese en vermaaklike ondersoek van teenwoordigheid te midde van afwesigheid en die driehoeksverhoudings wat begeerte onderlê in die filosofie en letterkunde van die klassieke tyd.

Die teenwoordigheid van dit wat afwesig is, is een van die temas wat Carson reeds oor bykans 40 jaar verken in ongeveer 26 boeke waarin genregrense vervloei en sy lesers deurgaans “a free space of imaginal adventure” bied. Ook operas, voordragte, toneelstukke, leesstukke en verwerkings maak deel uit van haar ryk en ontglipbare oeuvre. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.