Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Rusty Sabich stap die sonsondergang in
KERNEELS BREYTENBACH het die derde roman oor die Amerikaanse veteraan-hofskrywer Scott Turow se onvolmaakte protagonis gelees, en bespeur groei sedert 1987.
Deel
INTIMITEIT is een van die grootste vreugdes wat twee mense kan deel. ’n Verbrokkelende huwelik kan kwalik as ’n vreugde beskou word – tog sal baie pare meer tyd en energie aan die uitrafeling van hul huwelik bestee as aan die deel waarin die ekstases van die vlees die botoon voer.
Dié insig is nie myne nie. Dit kom uit die steierende gedagtegang van Rusty Sabich, die bevlekte protagonis in Presumed Guilty. Die titel en Sabich se naam behoort klokkies by jou te laat lui. Die derde roman waarmee Scott Turow die epiese pad van Sabich deur die Amerikaanse howe opteken.
In 1987 het ons vir hom respek gekry – en verloor – in Presumed Innocent. Die advokaat van geregtigheid én immorele bedflentergat. Daardie roman het ’n revolusie in die uitgewerswese ontketen – dit het die hofdrama laat herlewe en ’n magdom prosedurele en hoogs gespanne vertellings in sy vaarwater gesleep. Die rolprentweergawe, met Harrison Ford en Greta Scacchi in die hoofrolle, was ewe enorm...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Betottelde Brit is niemand se held nie
... en Kerneels se lys van onvergeetlikes
Die kaalvoet-Contessa se sprokieslewe
Saamskryf is soos ’n gedwonge huwelik
Om 16 dagbreke in ’n enkele dag te beleef
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.