EK het dié week vyf Afrikaanse boeke gelees. Eers wou ek net spoedlees, maar die stories pak my beet en dan lees ek elke woord. Dis verstommend en verblydend dat daar nog soveel Afrikaanse boeke uitgegee word. Ek het ’n kookboek, ’n misdaadriller, ’n soort van plaasroman, ’n drama oor internasionale supermodelle en ’n chic lit oor die krag van vriendinne gelees.
Ek begin met die kookboek, want dis heeltemal onweerstaanbaar: Tietie & Nanna se huiskos sal enige koffietafel opvrolik en die geregte laat jou mond water. Susters Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna) het naam gemaak op TikTok en Instagram. Hulle kook huiskos, hartskos, met geen eksotiese bestanddele of fieterjasies nie. Natuurlik met ’n Kaaps-Maleise twist en in Kaapse Afrikaans geskryf.
Die agterplat beskryf dit as ’n resepteboek waar memories en liefde saamsmelt met elke roer van ’n pot. Die boek is vol resepte en kleurryke foto’s van kos vir elke dag, met name soos kiefaait, labarang, mavrou, bollas, snowballs, roti’s, samoesas, dhaltjies en baie meer. Sewentig disse...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
AFRIKAANSE BOEKE
Rock, ril, min, lag en kook in jou taal
DEBORAH STEINMAIR het hierdie week net Afrikaanse boeke gelees en vertel jou hoe die stories haar beetgepak het en sy elke woord eenvoudig moes lees.
Deel
EK het dié week vyf Afrikaanse boeke gelees. Eers wou ek net spoedlees, maar die stories pak my beet en dan lees ek elke woord. Dis verstommend en verblydend dat daar nog soveel Afrikaanse boeke uitgegee word. Ek het ’n kookboek, ’n misdaadriller, ’n soort van plaasroman, ’n drama oor internasionale supermodelle en ’n chic lit oor die krag van vriendinne gelees.
Ek begin met die kookboek, want dis heeltemal onweerstaanbaar: Tietie & Nanna se huiskos sal enige koffietafel opvrolik en die geregte laat jou mond water. Susters Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna) het naam gemaak op TikTok en Instagram. Hulle kook huiskos, hartskos, met geen eksotiese bestanddele of fieterjasies nie. Natuurlik met ’n Kaaps-Maleise twist en in Kaapse Afrikaans geskryf.
Die agterplat beskryf dit as ’n resepteboek waar memories en liefde saamsmelt met elke roer van ’n pot. Die boek is vol resepte en kleurryke foto’s van kos vir elke dag, met name soos kiefaait, labarang, mavrou, bollas, snowballs, roti’s, samoesas, dhaltjies en baie meer. Sewentig disse...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ons reiskaartjies lê die hele wêreld vol
Donker verledes, goeie stories en verliefdheid
Volksmoordenaars, monsters en spioene
Liefde en wraak in die warm sand
Esther Mahlangu lag terwyl sy werk
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.