Skeidingsangs en melancholie

SALIGE SONDAG

Skeidingsangs en melancholie

MARITA VAN DER VYVER staan vandag in vir Anneliese Burgess – daar uit Frankryk waar die herfs nou op sy herfsste is. Sy sê dat melancholie haar toevlugbui is en vertel van die uur van onverskrokkenheid in ’n lugballon wat haar die Send-knoppie laat druk om haar nuwe manuskrip ’n boek te laat word.

Liewe lesers

Vanoggend voel ek soos 'n senuweeagtige plaasvervanger vir 'n geliefde juffrou in 'n klas vol slim en stout kinders. Moenie vrees nie, wil ek dadelik troos, juffrou Anneliese kom gou terug, ek help net bietjie uit sodat sy 'n blaaskans kan kry. So bear with me, asseblief tog.

In die suide is dit lieflike lente en die versoeking is groot om vrolik en verspot te word, maar vir ons lesers in die noordelike halfrond is die herfs nou op sy herfsste, om Boerneef aan te haal. Ek is gek oor herfs, al maak die seisoen my altyd melancholies omdat dit 'n tyd van afskeid en eindes is. Soos die bome hulle blare afskud, so moet ons ons somervreugdes groet en the dying of the light aanvaar, sonder om te veel te woed, woed, woed...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.