Portret | Groot geld, groener mynbou, en miljoene mense se toekoms

ANGLO AMERICAN EN DIE AUSTRALIËRS

Portret | Groot geld, groener mynbou, en miljoene mense se toekoms

Daar is gewoonlik nie bomme wat ontplof of bloed wat vloei nie, maar 'n korporatiewe veldslag soos die een wat tussen Anglo American en BHP aan die gang is, is niks minder dramaties nie, meen WILLEM KEMPEN.

DIT vat soms 'n paar jaar en 'n fliek soos Too Big to Fail vir die res van ons om daardie groot oomblikke te verstaan toe die wêreld se korporatiewe generaals kritieke besluite geneem het wat die verloop van die geskiedenis verander het.

Ons was dalk nie teen Woensdagaand sesuur – toe die uurglas vir BHP leeggeloop het om 'n vars aanbod vir 'n oorname aan Anglo American se direksie voor te lê – op die rand van 'n internasionale of selfs net 'n plaaslike finansiële krisis soos in daai fliek nie, maar 'n hele klomp mense het nogtans 'n sug van verligting geslaak toe die Australiese groep aankondig dat hulle vir eers hulle poging laat vaar.

Anglo American is al lank nie meer die almagtige reus wat gegroei het uit die maatskappy wat Ernest Oppenheimer in 1917 in Johannesburg gestig het nie. Dis selfs nie eens meer heeltemal 'n Suid-Afrikaanse besigheid nie, hoewel die maatskappy nog 'n sekondêre notering op die JSE het. Tog is dit steeds 'n invloedryke konglomeraat met waardevolle mynboubates in Suid-Afrika en elders op die planeet. Minstens die helfte en soveel as 'n driekwart van Anglo se totale werkerskorps van net minder as 60 000 mense is Suid-Afrikaners, om nie eens te praat van almal in ons buurlande wat op 'n manier uit die groep se bedrywighede voordeel trek nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.