Die nuwe weermag wat skoonmaak skoon verslawend maak

ORGANISASIE-PORN

Die nuwe weermag wat skoonmaak skoon verslawend maak

In die 1850's het vroue wêreldwyd missus Beeton se huishoubybel met haar deugdelike voorskrifte swetend en swetsend nagestreef, maar deesdae is daar ’n nuwe rits ‘gewone' huishou-godinne vir ‘gewone' vroue. ADRI KOTZÉ vertel hoe sy ’n volslae volger van dié nuwe sosialemedia-tendens geword het.

KOMAAN, Mienk-êh, fluister ek vir die spons.

Die wasbak in my kombuis is bedek in 'n pienk room wat 'n bietjie soos bababoudsalf lyk. Met 'n flikse elmboog vryf ek die room met die spons oor die vlekvrye staal en hoop die tieners en hul pa hoor nie my geprewel nie. 

Ek volg die stappe in 'n video van 'n gewese haarkapster wie se skoonmaakwenke so gewild is dat sy meer as 3 miljoen volgers op Instagram (https://www.instagram.com/mrshinchhome/?hl=en) het. Die 29-jarige Sophie Hinchcliffe van Essex in die suidooste van Engeland (Essex is ’n bietjie soos die Oos-Rand en die bakermat van die oranje sonbruin-voorkoms-uit-'n-bottel, asook die vajazzle) is bekend as Mrs Hinch en haar volgers noem hulself die #HinchArmy wat “hinching" doen...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X