Haar kuns kleur in wat geskiedenis wou uitvee

KUNS

Haar kuns kleur in wat geskiedenis wou uitvee

Bruin mense sou ‘skoonveld’ kon verdwyn, maar hier ís hulle: in Marsi van de Heuvel se bekroonde uitstalling met dieselfde titel. Sy verduidelik vir HENK SERFONTEIN haar olieverfskilderye van foto’s uit familie-albums is haar reaksie op die feit dat sy nie goed verstaan wie sy is wat ras, genealogie of aardrykskunde betref nie.

IS dit ’n pa of ’n oupa met kruisbande met die kind op die heup? Die ouer man se hand rus sorgsaam en beskermend op die kleuter se knie. Het hulle mekaar lanklaas gesien? Vir hoe lank was hulle herenig op die familiefoto? Is dit die oupa wat ’n prinsipaal by ’n skool in Umtata was?

Wie is die vrou wat haar handsak voor haar buik vasklem? Haar handpalms wat skugter na onder wys. Uitgevat in haar Sunday best. Is sy op pad na ’n familiedoop, ’n troue of ’n nagmaal in Upington of Graaff-Reinet? Is sy ’n ma, die middelste een van drie susters of ’n ongetroude tante? Dis grasie wat in die beeld sigbaar word. ’n Beeld wat op so ’n manier in fokus geplaas word dat dit verby die persoonlike strek. Die romantiek van die alledaagse word iewers agtergelaat en wat eerder sigbaar word, is dat die waardigheid van die ma, suster of tante verby die rassestereotipering van die tyd strek.

Dit is hierdie aspek van Marsi van de Heuvel se nuutste reeks kunswerke met die titel skoonveld wat lank by my gespook het na my besoek aan die Investec-kunsmark in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum. Haar tentoonstelling het bestaan uit ’n reeks olieverfskilderye in monochromatiese skakerings van ’n Delft-blou op Belgiese ru-linne wat as installasie aangebied is wat herinner aan ’n klaskamer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.