15 vrae vir Hannon Bothma

AGTERBLAD

15 vrae vir Hannon Bothma

Sy verhaal het in 'n haarsalon in Vryburg begin, waar getransformeerde tannies onder die kokon haardroërs uitgekom het. LAUREEN ROSSOUW vra die vrae.

1. Hoe het jy begin?

As ’n klein seuntjie het ek saam met my ma in Vryburg na Ophelia’s Haarsalon toe gegaan, waar ek kruisbene voor haar op die grond gesit het. Ek was gefassineerd met die transformasie van die tannies as hulle uit hierdie kokon haardroërs kom, so ek was al van kleins af gefassineerd deur mooimaak en transformasie. My loopbaan het afgeskop toe ek na my militêre diensplig by die Kaapse Tegniese Kollege ingeskryf het vir haarkappery en skoonheidskunde terwyl ek ook 'n vakleerlingskap gedoen het. Ek wou graag die modewêreld betree en so gaan ek na die Cape Argus en tydskrifte, bied my dienste as grimeerkunstenaar en haarstilis gratis aan, solank hulle net my naam publiseer.

So, toe ek my eerste salon op 25 in Seepunt oopmaak, was ek alreeds gepubliseerd en baie van die skoonheidsredaktrises het my reeds geken. Vroue-organisasies en van my kliënte het my naam herken en gevra om praatjies aan te bied. Ek het baie aansoeke gekry en besluit om dit eerder voltyds te doen. So het ek begin om funksies aan te bied en opleiding gedoen by kosmetiese huise oor die hele land, asook in België. Daar het ek besef ek is eintlik 'n baie goeie verkoopsman, want ek moes mense se voorkomsuitdagings raaksien en vir hulle praktiese oplossings bied deur produkte vir hulle voor te skryf. In daai stadium het ek gedink om my inkomste aan te vul, moet ek 'n produk van my eie hê. So het my eerste produk ontstaan: Moisture Seal, wat steeds een van my topverkopers is. Jy spuit dit oor jou grimering sodat dit vir tien ure mooi bly en hou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.