Hoekom lief ons verkleinwoordjies so?

DIE LAASTE WOORD

Hoekom lief ons verkleinwoordjies so?

Ons boekeredakteur krap kop oor daggies, skapies en diertjies. Is Afrikaners lieftallig of bloot stroperig?

IN Matriarchs, Meze and the Evil Eye, Costa Ayoitis se memoir oor sy immigrantegesin, lees ek dat Grieke net so lief soos Afrikaners is vir verkleinwoorde: koffietjie, broodjie, tafeltjie, lappie, slaaitjie. Ek glo darem nie hulle het “daggie” nie.

Toe ek jonk was, het ’n vriend van Libanese oorsprong vertel die Afrikaanse outjies saam met wie hy in die weermag was, was so taf en opvlieënd, behalwe wanneer hulle in die tiekieboks met hulle meisies gepraat het. Dan het hulle stem ’n paar oktawe gestyg, en dit was net babawoordjies: My bokkie, my bybie, my skapie, my diertjie, my liefie.

Ons gebruik babataal om teerheid uit te druk, want wat op aarde is ouliker as babadiere? Amper sê ek diertjies. Ek kan my verloor in Facebook-video's en foto’s van klein eseltjies, pandatjies, hasies. Ek skaam my dood as iemand ’n steelvideo skiet van my gesprekke met my kat, maar ek gee jou ’n steelkykie: Mammie se poepoenoenoe, snoeselkoekenoetseltjie, ens...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.