Belydenisse van ’n hervormde asshole

22 JULIE 1962 – 7 MEI 2024

Belydenisse van ’n hervormde asshole

Die punkrock-ikoon Steve Albini, wat vandeesmaand dood is, het eens alles moontlik gedoen om mense aanstoot te gee. Hy het laat in sy lewe om verskoning gevra, maar nooit sy punkbeginsels prysgegee nie, skryf FRED DE VRIES.

VIR underground-entoesiaste was hy die grootste held van die 1980’s, ’n voorstander van onafhanklikheid wat onvermoeid egtheid, outonomie en ’n alternatief vir die hoofstroom bepleit het. Meer nonchalante rock-aanhangers sal hom ken as die vervaardiger van Nirvana se In Utero, die Pixies se Surfer Rosa, PJ Harvey se Rid Of Me, Jimmy Page en Robert Plant se Walking Into Clarksdale, en dalk The Breeders se Pod.

Steve Albini, wat vandeesmaand in die ouderdom van 61 oorlede is, het aan dié plate hulle skurwe dog onteenseglik menslike klank gegee. Volgende keer praat ek oor vervaardigers. Hierdie rubriek gaan oor Albini as ’n underground-ikoon en provocateur.

Een feit staan soos ’n paal bo water: Steve Albini was eerstens ’n kunstenaar. En kuns het vir hom baie meer beteken as om jou kitaar te speel. ’n Kunstenaar in die 1980’s – onthou, dit was die era van Ronald Reagan, Margaret Thatcher, meedoënlose kapitalisme, MTV, kokaïensnuiwende platemaatskappybestuurders met poniesterte; die ware doodsklok vir die Sestigs – jy moes uitlok, die plek op horings neem. Dinge was steeds moontlik as jy hard genoeg probeer het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.