Kanselleer die Taylor-backlash

SWIFTIE DE VRIES

Kanselleer die Taylor-backlash

FRED DE VRIES het gedog hy’s óór Taylor Swift, en toe hoor hy haar nuwe album.

“DIE Taylor Swift-backlash begin hier!" Dís is hoe ek hierdie rubriek wou begin, baie bewus van hoe beïndruk die wêreld se grootste popster sou gewees het deur hierdie gewaagde stelling van ’n onbeduidende vryskut wat vir ’n klein, onafhanklike publikasie aan die suidpunt van Afrika skryf. Maar sy hoef nie te vrees nie. Want nadat ek na die 16 snitte op haar nuwe album, The Tortured Poets Department, geluister het, het ek besluit om nie hierdie teenreaksie te begin nie. Want dit is eenvoudig ’n baie goeie plaat, selfs verslawend.

Ek luister daarna terwyl ek hierdie sinne tik en word meegevoer deur haar stem, wat nie so skril soos voorheen is nie. Daar is minder van wat kritici beskryf het as haar “clipped, chirping staccato”, waarvan ek nie juis gehou het nie. Haar stem het volwasse geword; dit het ’n soort heserige, greinerige gehalte gekry. Alhoewel sy nog nie naby die vlak van Cat Power is nie, herinner sy my aan daardie ou Lou Reed-liriek: “Like a good wine, I’m better as I grow older.”

Volgens die Discogs (https://www.discogs.com/search?q=Tortured+Poets+Department&type=all)-webwerf is Tortured Poets in 40-plus weergawes uitgereik, insluitend CD, viniel, kasset, aflaaie en verskeie versamelaarsweergawes. En dan is daar ook The Anthology met 15 ekstra snitte – dis die een wat jy op Spotify sal kry...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.