KORPORATIEWE MAG
Die nuwe tweeliter-roomys is 1,8 liter …
Eienaardige dinge het die laaste paar jaar met die grootte van verpakkings en die hoeveelheid produk binne-in verpakking in supermarkte gebeur. Jy verbeel jou nie. ALI VAN WYK kyk na dié verskynsel.
KORPORATIEWE MAG
Die nuwe tweeliter-roomys is 1,8 liter …
Eienaardige dinge het die laaste paar jaar met die grootte van verpakkings en die hoeveelheid produk binne-in verpakking in supermarkte gebeur. Jy verbeel jou nie. ALI VAN WYK kyk na dié verskynsel.
Deel
HET dit al met jou gebeur? Jare lank koop jy cheddarkaas met ’n bekende Suid-Afrikaanse handelsmerk – ’n netjiese, langwerpige blok, vakuumverpak: 1 kg. Dit het mos sin dat dit een kilogram is. Dis ’n logiese, nuttige grootte. Die laaste een wat jy gekoop het, het sowat R110 gekos.
Maar dan, eendag, kyk jy weer na die etiket in die koelkas – en nou staan 900 g daarop. Dieselfde vorm, dieselfde verpakking, net kleiner, maar nie soveel dat jy dit sommer sou raaksien nie.
Snaaks, jy’t gedink jy koop 1 kg – die prys was dieselfde as voorheen, R110. Jy vergeet daarvan totdat jy ’n paar maande later sien jy koop nou 850 g, in plaas van ’n kilogram. Maar die prys bly dieselfde. Of nee, wag, dis omtrent 10% duurder as die 900 g, én as die 1 kg voor dit; dis nou R120, wat beteken die prys per kilogram het skerp gestyg sonder dat jy dit agtergekom het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Trap suutjies vir die buitelewe-mafia
SA ekonomie kort ingrypende hervorming
Millenniërs trek swaar, maar daar is hoop
Die Amazon-kolos wat nou in SA is
Lesse uit Argentinië se stryd om oorlewing
Duur besigheidslesse uit die perd se bek
Die verwronge kult van minimalisme
Deel
-
Deel
Ali van Wyk
InhoudsredakteurAli van Wyk is inhoudsredakteur van Vrye Weekblad.