Bloed en glorie op die dorp se rugbyveld

SPILPUNT VIR GEMEENSKAPPE

Bloed en glorie op die dorp se rugbyveld

Klubhuis, ’n merkwaardige dokumentêre reeks oor gemeenskapsklubrugby, het stil-stil in Desember op KykNET verskyn. ALI VAN WYK het dit toevallig ontdek en kan nie uitgepraat raak daaroor nie. Hy’t met die twee kreatiewe mense agter die reeks gepraat.

EK TEL myself as onder die ingeligtes oor outentieke plaaslike televisiereekse wat aan die kom is, veral as dit ’n dokumentêr is en kwaliteit-joernalistiek, en veral as dit oor rugby gaan. Maar ek het eers gehoor van Klubhuis op KykNET net voor die laaste van die ses episodes die kassie getref het.

En dit wil my voorkom dit het in Desember onderdeur meeste rugbymense se radar geglip, want die radiogolwe is maar stil. Dít sal vinnig moet verander want as die kokkedore by KykNET besluit om nie nog ’n seisoen te maak nie, sal Suid-Afrika beroof wees van ’n belangrike kulturele  rekord, wat so mooi vervaardig is soos mens kan verwag om moontlik te wees. Ek is na aan seker Suid-Afrika se gemeenskapsrugbyklubs het nog genoeg materiaal vir ses tot agt seisoene. Ten minste.

’n Mens se natuurlike reaksie is om dit met Suid-Afrika se ander triomfantlike rugby-dokumentêre te vergelyk, die twee seisoene van Chasing the Sun, wat die stories van die Springbokke se laaste twee Wêreldbeker-oorwinnings vertel. Toe ek Klubhuis begin kyk, was ek oortuig dit was ’n baba van Chasing the Sun, want as die Springbokafrigter Rassie Erasmus vertel dat baie van sy spelers weet wat spanning en angs is, omdat soveel mense in Suid-Afrika nie weet waar hulle volgende bord kos vandaan kom nie; dat hulle weet wat dit is om verwaarloos en arm te wees en op klipperige velde vol gate te speel, dan sien jy dit voor jou oë op Klubhuis. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.