My freedom papers

HOME AFFAIRS

My freedom papers

“Die getroude vrou is dood, die een met die nuwe van, maar die vrou wat sy was, sal vir ewig exist, want daai is die parts wat sy vir my gelos het.” Dis haar feminist manifesto, skryf RONELDA S. KAMFER.

EK vang myself gereeld met sukke vreemde hold-overs van my ma. Soos iets wat sy in die stove gelos het om weer warm te maak vir die dag as ek eendag getroud en ’n ma is. Elke keer as ek myself soek in die kos- en klerekaste besef ek hoe ’n klein bietjie ek tog soos sy is. Elke keer as ek ’n vloer so skoon was dat ek myself kan sien in die reflection, sien ek my ma. 

Al wil ek haar posthumously fail vir al haar horrific mothering mistakes wat sy met my gemaak het. Maar dit is baie moeilik om kwaad te bly oor dinge wat jy nie meer oor kan baklei nie. My post-kind self is baie meer interesting as wat ek was toe wat my ma gelewe het. Miskien omdat ek minder kwaad is. Ek het al my kwaad ge-cannibalise toe ek besef ek het niemand om dit mee te deel nie. Orphanism was die prys wat ek betaal het vir my freedom papers.

Ons verhouding was nooit sentimental nie en affection was amper altyd part van ons routine. Minder freestyle, meer ’n ernstige musical met klomp layers van complexity en betekenis. Ek wou nie soos my ma wees nie, en ek wil nie soos my ma wees nie. Sy was die encapsulation van christen-ordentlikheid met genoeg gif in haar are om haar kinders klein bietjie siek te maak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.