Deur homself te skiet het Markus Jooste ons almal vir oulaas besteel

STEINHOFF-ONDERSOEK MAG NIE HIER EINDIG

Deur homself te skiet het Markus Jooste ons almal vir oulaas besteel

WILLEM KEMPEN sou verkies het dat die Steinhoff-grootbaas nog gelewe het, want dan was die kanse soveel beter dat ons antwoorde sou kry op al die vrae wat oorbly.

VIR Markus Jooste hoef mens nie so streng by die reël te hou om nie sleg van die dooies te praat nie.

Hy het omtrent elke liewe Suid-Afrikaner op 'n manier verraai en armer gemaak, of dit nou was omdat daar iewers 'n krummeltjie van ons pensioenfonds in Steinhoff belê was, of omdat hy 'n bespotting gemaak het van die idee dat ons heil lê in die deugde van entrepreneurskap en privaat kapitaal.

Soos baie ander mense was ek verbaas toe ek gistermiddag die nuus hoor dat Jooste homself geskiet het voordat hy hom vandag aan die Valke sou moes oorgee om in hegtenis geneem te word. Niks wat hy in die sewe jaar sedert Steinhoff se dramatiese ineenstorting einde 2017 gedoen het, het my laat dink dat hy enige ander strategie gaan volg as om nog vir jare te ontken, te ontduik, te vertroebel, te lieg, skuiwergate te soek, die tekortkominge in ons eie en internasionale strafreg te misbruik, en vas te klou aan al die voorregte van sy onverstoorde rykmansbestaan in Hermanus nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.