POPULISME PLOEG VOORT
Die fascisme van die sogenaamde linkse politieke partye
Dat die EFF swak gevaar het in die Mei-verkiesing en die MK Party 'n goeie skoot etnisiteit in sy gene het, beteken nie dat die gevaar van linkse populisme nou verdwyn het nie. PIET CROUCAMP wys daarop dat dieselfde faktore wat die EFF geskep het, steeds vaardig is in die land.
POPULISME PLOEG VOORT
Die fascisme van die sogenaamde linkse politieke partye
Dat die EFF swak gevaar het in die Mei-verkiesing en die MK Party 'n goeie skoot etnisiteit in sy gene het, beteken nie dat die gevaar van linkse populisme nou verdwyn het nie. PIET CROUCAMP wys daarop dat dieselfde faktore wat die EFF geskep het, steeds vaardig is in die land.
Deel
EEN van die mees poëtiese uitsprake oor die dood van die Nazi-party van Adolf Hitler kom van die Duitse dramaturg en digter Bertolt Brecht. In sy 1947-satire oor hoe Hitler sy fascistiese greep op Duitsland gekry het, Der aufhaltsame Aufstieg des Arturo Ui (Die stuitbare opkoms van Arturo Ui), eindig Brecht met 'n morbiede epiloog waarin hy waarsku teen die selfvoldaanheid van na-oorlogse politieke elites. Dit bied die gruwels van die verlede die geleentheid om te reproduseer, waarsku Brecht: “Die teef wat hom gebaar het, is weer op hitte."
Die implikasie is dat hoewel die Nazi-party ontwortel was, die faktore en denkwyses wat tot die sistemiese fascisme, die sosiologiese nydigheid, onverdraagsaamheid en die dominering van outoritêre narratiewe gelei het, nie werklik uitgeroei is nie. Die motiverings vir die verskynsel kon inderdaad weer opvlam, dalk selfs in ’n ander gedaante, maar met dieselfde of soortgelyke gevolge. Die einde van die Nazi-party was nie die einde van die gevare wat hulle verteenwoordig het nie.
Dieselfde argument is vaardig wat betref die mees onlangse verwikkelinge binne die Economic Freedom Fighters (EFF) van Julius Malema. Selfs al sou dit gebeur dat die afgelope weke se muitery binne die party daartoe lei dat die rooi barette ná afloop van die volgende nasionale en provinsiale verkiesing in 2029 – of selfs so vroeg as die plaaslike verkiesings van November 2026 – nie meer deel is van ons wetgewende en politieke landskap nie, beteken dit nié dat die faktore wat tot die vestiging van die party gelei het nie steeds voortbestaan nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die opkoms en ondergang van Julius
Hoekom die eenheidsregering sal hou
Raadpleeg alle partye, nie net dié in die RNE
Hoekom ek die Chinese kant kies
Te hel met ideologie, ons soek beter lewens
Hoekom is die ANC in die arms van die DA?
Liberals en die comrades in een kabinet?
Toekoms hoef nie die verlede te verwerp nie
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.