BREYTEN ROEREND GEGROET
Sy woorde vlieg steeds huis toe uit sy laaste weglêplek
Dis vreemd gepas dat 'n Afrikaanse digter wat in een van sy beroemdste gedigte verklaar het dat hy sal sterf en na sy vader gaan, vandeesweek in die vader van alle begraafplase in Parys, Frankryk, veras is. MARITA VAN DER VYVER het Breyten Breytenbach se roudiens bygewoon.

Deel
PÈRE LACHAISE in Parys, genoem na die biegvader van Lodewyk die Veertiende, lok jaarliks meer nuuskierige agies, glansjagters en groupies, dwepers met die dode, toeriste en besoekers as enige ander begraafplaas op aarde. En tog was dit Dinsdag waarskynlik die eerste keer dat Afrikaans hier by 'n roudiens weerklink het.
Weer eens was Breyten Breytenbach 'n pionier, soos in die lewe, so ook in die dood. Sy dogter, Daphnée, sluit haar liriese Franse huldeblyk af met enkele frases in die “Kreoolse taal wat joune was", die taal waarin hy “'n towenaar van metafore en beelde in 'n duisend kleure" geword het. “Pappa, ek het jou lief. Ons het jou lief." Hierdie eenvoudige woorde, met die Franse aksent wat ook my eie dogter se Afrikaans met 'n eksotiese kleur verf, laat my trane rol.
En vir die res van die roudiens kan ek om die dood nie weer my oë droog kry nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Geblaf in die duiwehok van hooghartigheid
Afrikaans se grootste liriese minnaar
Ek stuur vir jou ’n rooiborsduif
Ons staan op die kaai vir Breyten en waai
Deel
-
Deel
Marita van der Vyver
SkrywerMarita van der Vyver is 'n bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer. Sy woon in Frankryk.