Tieners wat op treinspore verdwaal

HOËRSKOOLDRAMA

Tieners wat op treinspore verdwaal

DIANNE DU TOIT-ALBERTZE, wat self hoërskooltoneel afgerig het, kyk krities na 'n nuwe bundel met dramas vir tieners, wat al hoe meer aan angs en depressie ly en vir wie selfdood soms wink.

NÁ die onlangse skoknuus van drie selfdoodgevalle by Eqinisweni Secondary School in Ivory Park, Johannesburg, is dit duidelik dat die volwasse jeug dringend 'n stem gegee moet word.

Die Gautengse onderwysdepartement wys die vinger na die groeiende tienerswangerskapkwessie, maar die afgestorwe leerders se ouers ontken dit. Besmoontlik is een van die oorsake die feit dat ons as Suid-Afrikaanse burgers nog steeds te tradisioneel en Calvinisties is om die belangrikheid van geestelike gesondheid raak te sien en die stygende voorkoms van angs en depressie onder ons jongmense aan te pak.       

Dan kom daar 'n boek oor mens se pad soos die eenbedryf-versameling vir skoliere getiteld Om teen treine te skree, wat die leser opnuut oortuig van die noodsaak van drama op primêre vlak as terapie, met waardevolle werktuie vir adolessente...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.