'n MENS lees om te ontspan, om in ander se skoene te staan, om te ontvlug. Dis lekker om 'n resepmatige misdaadroman te lees waar reg en geregtigheid uiteindelik geskied en die raaisel netjies opgelos word, sonder morsige los drade, soos in die regte lewe. Maar sommige boeke is morsig soos die werklikheid, vol onopgeloste vrae en ongemaklike gewaarwordings.
So 'n boek was Choice deur Neel Mukherjee, 'n skrywer wat al op die Booker-kortlys gekuier het. Dis soos 'n nagmerrie waaruit jy nie wakker kan skrik nie. Dis lieflik en vernietigend. Karakters bevind hulle op kruispaaie en tussen die horings van onmoontlike dilemmas. Hulle is angstig oor klimaatsverandering, het skokkende ervarings in Ubers, leef onder die broodlyn en gaan in uiterste armoede dood.
Die boek is in drie dele wat slegs met mekaar praat omdat die tweede storie eintlik 'n kortverhaal is in 'n manuskrip wat die karakter in die eerste storie, Ayush, redakteur by 'n uitgewer, vir publikasie oorweeg. Die derde storie het ontspring uit 'n gesprek wat Ayush met 'n ekonoom gehad het oor 'n projek in Indië om armoede op te hef. Dit is dus as't ware deur Ayush geskryf, of deur die ekonoom, Ritika. Daar is 'n oorkoepelende tema van vryheid van keuse en, soms nie. Karakters voer 'n stryd teen hulle eie wêreld...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
PIKDONKER
Boeke wat jou brose psige verniel
DEBORAH STEINMAIR het twee boeke gelees wat jou laat besef die mensdom is 'n mislukte eksperiment.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Stokou moorde en ’n naamlose onheil
Gaan koop ’n digbundel! Of drie.
Leef, jag, hyg, moor en lag
Meneer se skoolmeisie en vier rillers
’n Digbundel as nadenkende medereisiger
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.