WAAR sou ons wees sonder digkuns, selfs diegene wat nooit digbundels lees nie? Poësie verwoord ons pyn en vertwyfeling, vang die heelal in ’n waterdruppel en spieël dit na ons terug. Reëls uit gedigte word refreine in my kop. Dit kry lêplek in die volksmond.
Hier by ons, soos sekerlik wêreldwyd, word daar al hoe minder digbundels uitgegee omdat die genre so sleg verkoop. Dis ’n universele waarheid dat mense nie besef hoe nodig hulle gedigte het nie. Hoe vaag en onbeskryfbaar jou maladie ook is – dit is vertroostend om te weet iemand anders het dit reeds haarfyn verwoord.
In Afrikaans is daar ’n paar onbesonge helde van die digkuns. Een van hulle is Martjie Bosman, ’n lieflike digter wat deesdae min tyd het om te dig omdat sy agter die skerms woeker om ander se gedigte uit te gee. Imprimatur is ’n klein, onafhanklike uitgewer wat deurgaans uitstekende digbundels publiseer. Fyn versorg en afgewerk. Martjie het vroeër Protea Boekhuis gevestig as ’n uitgewer van uitstaande poësie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
GEDIGTE
Digbundels: die klankbaan van ons bestaan
DEBORAH STEINMAIR het haar oorgegee aan drie digbundels wat haar horison verruim en haar kop laat sing het.
Deel
WAAR sou ons wees sonder digkuns, selfs diegene wat nooit digbundels lees nie? Poësie verwoord ons pyn en vertwyfeling, vang die heelal in ’n waterdruppel en spieël dit na ons terug. Reëls uit gedigte word refreine in my kop. Dit kry lêplek in die volksmond.
Hier by ons, soos sekerlik wêreldwyd, word daar al hoe minder digbundels uitgegee omdat die genre so sleg verkoop. Dis ’n universele waarheid dat mense nie besef hoe nodig hulle gedigte het nie. Hoe vaag en onbeskryfbaar jou maladie ook is – dit is vertroostend om te weet iemand anders het dit reeds haarfyn verwoord.
In Afrikaans is daar ’n paar onbesonge helde van die digkuns. Een van hulle is Martjie Bosman, ’n lieflike digter wat deesdae min tyd het om te dig omdat sy agter die skerms woeker om ander se gedigte uit te gee. Imprimatur is ’n klein, onafhanklike uitgewer wat deurgaans uitstekende digbundels publiseer. Fyn versorg en afgewerk. Martjie het vroeër Protea Boekhuis gevestig as ’n uitgewer van uitstaande poësie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Hoe om boekwurms te kweek
Spoke van Moskou tot Hollywood
Morsige menseverhoudings
Krygsgevangenes woeker en vry
Om jou kastele in Spanje te sloop
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.