Lank lewe die gees van amaBokoboko

MAANDAG MET MAX

Lank lewe die gees van amaBokoboko

Soos baie ander Suid-Afrikaners wonder MAX DU PREEZ onwillekeurig: Hoe kan ons die no. 1-rugbyspan in die wêreld wees, dalk selfs wéér die wêreldkampioene, en ons sukkel so met die res van ons sake as ’n nasie? Busisiwe Mkhwebane is gemaak vir die beginsellose, flip-flop-agtige EFF, sê ANNELIESE BURGESS. En sewe goed wat jy vandag wil weet.

  • 23 Oktober 2023
  • Daagliks
  • 9 min om te lees

Goeiedag!

1. Pres. Cyril Ramaphosa het ná sy terugkeer van ’n vredesberaad in Egipte gesê alle “invloedryde lande” het ’n verantwoordelikheid om prosesse te ondersteun wat vrede in die konflik tussen Israel en Palestina kan meebring. Hy het ’n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om geen “ammunisie” aan enige kant van die konflik te voorsien nie.

2. ’n Tweede konvooi trokke is gister toegelaat om deur die Rafah-grenspunt (aan die Egiptiese kant) tussen Israel en die besette Gazastrook te beweeg om hulpverlening te bied aan die mense wat in die gebied vasgekeer is, berig Bloomberg. Dít teen die agtergrond van volgehoue lugaanvalle op Gaza wat die Israeli’s sê tot die dood van onder andere die onderbevelvoerder van Hamas se streeksartillerie gelei het.

3. Die adjunkminister van gesondheid, Sibongiseni Dhlomo, word deur ’n 33-jarige man van seksuele aanranding aangekla, berig Sunday Times. Die minister ontken die aantygings en sê die voorval was ’n argument oor ’n piesang.

4. SA Rugby sê hulle ondersoek ’n aantyging dat die Sprinkbok-haker Bongi Mbonambi in Saterdag se Wêreldbekerwedstryd teen Engeland ’n rassistiese aanmerking teenoor Tom Curry, Engelse flank, gemaak het. Mbonambi se plek in die span vir die eindstryd hang nou van die bevinding af.

5. En terwyl ons praat van rugby: Die Springbok-legende Frans Steyn is as die nuwe direkteur van rugby vir die Cheetahs aangestel – vier maande nadat hy sy uittrede uit rugby aangekondig het.

6. Die nuwe openbare beskermer, adv. Kholeka Gcaleka, het gewaarsku oor ’n moontlike uitbraak van watergedraagde siektes nadat sy bevind het dat mense in 37 van die 39 munisipale rade van die Oos-Kaap waterbronne met diere deel.

7. Meer as 100 huise is in KwaZulu-Natal vernietig nadat swaar reëns en wind talle mense dakloos gelaat het en minstens vier mense in die storms ongekom het.


Brandgevaartoestande in dele van die Noord-Kaap. Sonnig oor die grootste gedeelte van die binneland, maar deels bewolk tot bewolk oor gedeeltes van Mpumalanga en Limpopo, waar donderstorms verwag word. Reënweer is besig om op te klaar oor Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Meestal sonnig oor die Wes-Kaap, maar deels bewolk langs die Weskus en word later deels bewolk by Kaapstad en in die Suid-Kaap.

Kliek hier vir meer.

Maksimum temperature: Pretoria 29°C • Johannesburg 28°C • Mahikeng 33°C • Mbombela 25°C • Kaapstad 21°C • Durban 22°C • Kimberley 32°C • Bloemfontein 29°C • Polokwane 27°C • Upington 34°C • Gqeberha 24°C • Oos-Londen 22°C.


Anneliese Burgess | Mkhwebane in die EFF is ’n simbool van ons beginsellose politiek

As daar ooit ’n simbool was van hoe beginselloos (en depressingly gek) ons politiek geword het, dan is dit die afgedankte voormalige openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, wat Vrydag as ’n EFF-LP beëdig is. Die leier van die EFF, Julius Malema, het haar eens beskryf het as “a Gupta puppet straight out of the Gupta kitchen”, maar daar sit sy die week in haar kraakvars rooi EFF-uniform en kopdoek en ’n mondvol mooi praatjies.

“Mense is so opgewonde,” vertel sy. “Ek het ’n klomp boodskappe van ondersteuning ontvang. Van my familie en vriende en die Black Lawyers Association.

Mkhwebane is vreeslik opgemaak met die EFF. “Toe ek deur die beleidstukke werk, het ek aanklank gevind en kon ek sien dat as ek saam met hulle werk, ons die onteiening van grond sonder vergoeding ’n werklikheid sal kan maak.” (Oukei, nou maar fine.)

Barney Mthombothi skryf in gister se Sunday Times oor Mkhwebane: “She earned notoriety – and vociferous support from some quarters – from her sheer incompetence and misguided use of her powers as public protector. This was apparently seen by some as the heroic exploits of a fearless woman prepared to take on the might of the state. But in fact, she was often out of her depth and, at times, seemed utterly disengaged from reality. Despite her numerous cock-ups, she thinks the world of herself and isn’t shy to let anyone know it.”

Mkhwebane het haar politieke tuiste gevind in die beginsellose flip-flop-party wie se oggend- en aandpraatjies soms hemelsbreed van mekaar verskil.

En as ons gedink het die miljoene rande aan belastingbetalersgeld wat op haar (en haar EFF-advokaat, Dali Mpofu se) verdediging van haar rekord as openbare beskermer verspil is, was die einde, het sy ander idees. Sy mik weer hof toe: “I am ready for them. We are also taking the matter to court. I am here and I will ensure that not even my biggest enemy goes through what I have gone through.”

Mkhwebane is die eerste hoof van ’n hoofstuk 9-instelling wat uit haar pos verwyder is. Dit het ’n uitgerekte parlementêre impeachment-proses geverg waarin ernstige bevindings oor haar gemaak is – onder meer dat sy nie die nodige onpartydigheid of onafhanklikheid getoon het in haar ondersoeke na onder meer die sake van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die CR17/Bosasa-sake nie, en dat sy hierdie ondersoeke met vooropgestelde uitkomste benader het.

Sy is gemaak vir die EFF. Sy, en die Zuma-lakei Mzwanele Manyi, wat ook nou daar in die rooibanke sit in sy oorpak met sy houding van kwansuise slagofferskap.


Stuur die bomb squad op

Ekskuus, ek is ’n bietjie rugby-bedonnerd op die oomblik. Ek was Saterdagnag uit my vel uit toe die Springbokke die Engelse in die halfeindstryd van die Wêreldbeker geklop het, al het die Engelse in die eerste 50 minute baie beter rugby as ons manne gespeel.

En soos baie ander Suid-Afrikaners wonder ek onwillekeurig: Hoe kan ons die no. 1-rugbyspan in die wêreld wees, dalk selfs wéér die wêreldkampioene, en ons sukkel so met die res van ons sake as ’n nasie?

Rugby as metafoor, weereens. Lesse om te leer.

Die eerste gedagtes wat by my opkom, is leierskap en bestuur.

Die span wat die komende naweek in die eindstryd teen die All Blacks gaan speel, lyk heeltemal, gans anders as die span van Francois Pienaar wat in 1995 die beker gelig het. Soos in velkleur.

Daar is dié keer vele swart en bruin supersterre. Siya Kolisi, Damian Willemse, Cheslin Kolbe, Bongi Mbonambi, Ox Nché, Manie Libbok, Kurt-Lee Arendse. In die groter Bok-span is daar ook Canan Moodie, Lukhanyo Am, Marvin Orie en Trevor Nyakane. En Makazole Mapimpi wat met ’n besering huis toe moes kom.

Maar ons sien hulle nie juis as swart of bruin spelers nie, nes ons nie vir bleker helde soos Eben Etzebeth, Handré Pollard, Kwagga Smith, RG Snyman, Pieter-Steph du Toit, Steven Kitshoff, Frans Malherbe, Jesse Kriel of Willie le Roux juis as wit spelers identifiseer nie.

Better together. Widen the circle, soos die whiskey-advertensie sê.

Ons het dus fundamenteel “getransformeer” sonder om talent mis te kyk, sonder om die basis wat Afrikaner-oorheersde rugby oor geslagte heen gelê het, heeltemal af te breek. ’n Bietjie van “vat uit die verlede wat goed is en bou die toekoms daarop”.

Soos ek hier skryf, loop Springbokkoors landwyd en in die meeste gemeenskappe hoog. Gaan kyk maar na sosiale media.

In ’n groot mate moet ons vir kaptein Siya Kolisi, seun van Zwide, hiervoor bedank. Hy verstaan deeglik hoe belangrik sy rol as nasionale, verenigende simbool is en alles wat hy sê en doen, versterk dit. (Jammer Siyia, maar jou game teen die Engelse was nie jou beste nie. Ons sien uit na groter energie volgende Saterdag.)

Rugby word duidelik goed bestuur. Rugby op skoolvlak is gesond, hoewel daar nog baie te doene is met armer plattelandse en township-skole. Die Varsity Cup is ’n opwindende kompetisie wat vorentoe nog vele Bokke gaan oplewer. In veral die Boland is klubrugby gesond en gewild.

As ons van die Bokke van 2023 praat, dan staan een naam uit: Rassie Erasmus.

Dié Boerseun van Despatch is ’n onkonvensionele, eksperimenterende, waaghalsige rugbydenker, maar hy is ook ’n mensch; ’n inspirerende, emosionele mens wat na aan sy spelers en die mense van sy land beweeg.

Rassie vir president.

Vang tips, Cyril.

Maar dis nie Rassie op sy eie nie. Hy steun op die talentvolle Jacques Nienaber, Deon Davids en Mzwandile Stick om die bestuurspan ’n gedugte een te maak.

Lesse.

Ek is ’n totale Manie Libbok-fan. Le Bok. Maar hy was nie Saterdag op sy beste nie en ná ’n halfuur se spel sê ek vir my vrou: Rassie moet maar vir Handré opstuur. ’n Paar minute later gebeur dit toe.

’n Leier moet vinnig harde besluite kan neem.

Die Bokke was totaal sonder fut in die eerste helfte. Ek het 19 ongedwonge foute teenoor die Engelse se twee getel. Ons manne was dalk sielkundig moeg ná die titaniese stryd teen die Franse die vorige naweek.

En toe stuur Rasnaber die bomb squad op. Kwagga, RG, Willie, Deon Fourie, Vincent Koch, Faf de Klerk.

En Retshegofaditswe Nché. Hy’s g’n “Ox” nie, hy is ’n superbul. Hy het die Engelse pap geskrum en die wedstryd help omdraai.

Formidabel.

Nick Mallett en Schalk Burger het Saterdagaand ná die wedstryd die punt gemaak dat waar ander spanne ná ’n verloorslag in die kleedkamer gesels en planne vir die naweek maak, die Springbokke se kleedkamer ná ’n nederlaag doodstil is, soos ’n begraafplaas.

Elkeen van die Bokke, met Siya en Rassie vooraan, weet hulle speel vir hulle land en sy mense.

Dís wat ons spesiaal maak.

In ons nasionale lewe het ons Siyas en Rassies nodig. Ox Nchés. Kwaggas en RG’s. Handrés.

Ons is ’n bietjie futloos ná Jacob Zuma se nege jaar en Cyril se vyf.

Ons het die bomb squad nou nodig. En die Bok-houding van weiering om te gaan lê.

Lank lewe die gees van amaBokoboko.

Max

Naskrif: As jy nog nie uitgerugby is nie, hier is ’n paar goedjies waarna jy gerus kan kyk:

@shaun_veldgids_etsebeth #stitch with @Kieran Williams Gaan huil nou maar by Farrel🤣🤣🤣🤣#bokke #finals #worldcup #rugbyworldcup2023 @Rugby World Cup @Springboks.rugby ♬ original sound - 🐆Shaun Etsebeth🐆

The Orchids

Freaks of bright crystal, airy beauties fair,
Whose enigmatic forms amaze the eye—
Crowns fit to deck Apollo’s brows on high,
Adornments meet for halls of splendor rare!
They spring from knots in tree-trunks, rising there
In sweet gradation; winding wondrously,
They twist their serpent stems, and far and nigh
Hang overhead like wingless birds in air.

Lonely, like pensive heads, all fetterless,
Lofty and free they bloom; by no dull chain
Their flowers to any tyrant root are bound;
Because they too, at war with pettiness,
Desire to live, like souls that know no stain,
Without one touch of contact with the ground.

– José Santos Chocano

(Uit Spaans vertaal deur Alice Stone Blackwell)


VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op hierdie bladsy om op hierdie artikels kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou.



Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.