Van soet souskluitjies tot donker sjokolade

KOS EN KOSMOS

Van soet souskluitjies tot donker sjokolade

’n Klein bietjie ekstra, ’n bederfie, is wat die lewe draaglik maak. FREDERIK DE JAGER streel die soettand vir 'n verandering.

EK en my makker Kosie het vir ure op ons driewiele rondgery, dan roep sy ma ons in vir snye witbrood met botter en suiker daaroor gestrooi. Jy verstaan nie. Die saligheid. Die soet gekraak onder ons jong tande.

Ek skat suiker het ’n te groot rol in my kinderjare gespeel, al was Ma nie een vir bederf nie. Mense van die 1950's en 1960's het maar net nie die inligting gehad wat hulle vandag het nie. Iets soets was die definisie van lekkerte.

Daar was swiets, daar was poedieng, daar was koeldrank, asof in die eter om ons. Almal was in die ban van soetheid. Suiker in die wortelslaai, oor die pap, in die koffie. Spookasem van puur gespinde suiker, fudge van botter en suiker, versiersuiker oor jou verjaarsdagkoek. En wat is ’n gehoorsame telg genoem? ’n Soet kind...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.